Hy Noem Ons Op Ons NameVoorbeeld

He Calls Us By Name

DAG 3 VAN 5

Klein Geluidjies

Ek is so intiem bekend met die geluide van my gesinslede dat ek weet watter een van my kinders by my kamer inkom aan die manier hoe hulle hoes of hulle kele skoonmaak. Dit geld ook vir my man wanneer hy van die werk af kom. Ek weet dit is hy, nog voor hy my naam sê, aan die manier hoe hy sy kougom bars of hoe sy voetstappe klink wanneer hy in die gang af loop. Ek ken al hulle klein geluidjies.

Dit is hoe ons verhouding met Jesus ook moet wees. Ons moet so intens bewus wees van sy teenwoordigheid in ons lewens dat dit maklik is om Hom te herken. Hy is ons goeie Herder en Hy wil elkeen van sy skape intiem ken. Net soos ʼn herder sy kudde ken, wil Jesus ons ken. Hy noem ons op ons name en lei ons uit slawerny, uit ongelowigheid, weg van vrees en onsekerheid af en uit hopeloosheid uit. Hy lei ons na vryheid in Hom. Hy gaan voor ons uit, Hy berei vir ons die pad voor. Hy noem ons op ons name en Hy begeer dat ons Hom so intiem ken dat ons kan aanvoel hoe Hy ons in elke faset van ons lewens lei. Hy wil hê ons moet sy bewegings, sy aansporings en sy teenwoordigheid ken en herken. Hy wil hê ons moet sy geluide ken.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

He Calls Us By Name

Mense is baie soos skape. Net soos skape het ons ʼn herder nodig om ons op die voetpaaie van die lewe te lei. Jesus is ons goeie herder. Hy noem ons op ons name, lei ons uit slawerny, kom haal ons wanneer ons verlore raak, ken ons intiem, en beskerm ons teen gevaar. Hy lei ons nie net nie, Hy het ons lief. Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Sluit by my aan om in hierdie 5-dag leesplan, verskillende maniere te ontdek hoe Jesus ons herder is.

More

Ons wil graag vir Laynie Travis bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.laynietravis.com