Hy Noem Ons Op Ons NameVoorbeeld

He Calls Us By Name

DAG 4 VAN 5

Lyfwag

Die kraal waarin skape dikwels aangehou is, het in die muur ʼn klein opening gehad vir skape om in en uit te gaan. Die herder van die kudde sou dan in die nag voor die opening lê en slaap, en so as ʼn letterlike lyfwag dien om die skape te beskerm teen enige moontlike gevaar. So sou hy hulle red teen wilde diere wat probeer om in die kraal te kom om die skape in die nag te verslind. Sy liggaam sou dan ook keer dat die skape die kraal verlaat en sodoende hulle lewens in gevaar stel. Die herder was altyd gedurende die dag en die nag paraat, want die veiligheid van sy kudde was sy grootste prioriteit.

Jesus sê dat HY ons goeie Herder is en Hy het letterlik sy lewe vir ons afgelê en ons van ʼn ewige dood gered. Hy, as ons herder, is ons lyfwag wat noukeurig omsien na sy kudde en ons beskerm, soos ons daagliks inkom en uitgaan. Jesus het ons lief, Hy beskerm ons, Hy verlos ons, en Hy lei ons na groen weivelde. Ons kan Hom met ons lewens vertrou. “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil julle ʼn toekoms gee, ʼn verwagting!” (Jeremia 29:11). Hy hou nie net wag oor ons lewens soos ʼn herder waghou oor sy skape nie, maar Hy het ook sy lewe vir ons opgeoffer. Hy is ons primêre lyfwag, en ons is veilig by Hom.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

He Calls Us By Name

Mense is baie soos skape. Net soos skape het ons ʼn herder nodig om ons op die voetpaaie van die lewe te lei. Jesus is ons goeie herder. Hy noem ons op ons name, lei ons uit slawerny, kom haal ons wanneer ons verlore raak, ken ons intiem, en beskerm ons teen gevaar. Hy lei ons nie net nie, Hy het ons lief. Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Sluit by my aan om in hierdie 5-dag leesplan, verskillende maniere te ontdek hoe Jesus ons herder is.

More

Ons wil graag vir Laynie Travis bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.laynietravis.com