Hy Noem Ons Op Ons NameVoorbeeld

He Calls Us By Name

DAG 2 VAN 5

Geloofswandel

Skape is dikwels in ʼn omheinde kraal aangehou met mure wat van opeengestapelde klippe gebou is. Die kraal sou dan ʼn klein opening hê waardeur die skape in- en uitgaan wanneer die herder hulle roep. Die herder sou dan voor die ingang lê en heelnag daar slaap om die skape te beskerm. Skape is bekend daarvoor dat hulle nie baie goed kan sien nie, dus sou hulle nie die nou opening wat na buite lei baie duidelik kon sien nie. Wanneer die herder hulle op hulle name roep, het hulle sy stem herken en die klank van sy stem gevolg; so het hy hulle dan uit die kraal na hom toe gelei. 

Dit is vandag vir ons ʼn baie kragtige beeld. Ons weet gewoonlik nie presies waarheen God ons lei nie, of ons kan nie die volle prentjie sien nie. Namate ons egter in die geloof wandel, nie deur te sien nie, maar deur God in gebed en sy Woord op te soek, sal ons sy stem hoor wat ons op ons name roep om ons sodoende deur die nou opening reguit na Hom toe te lei en na sy plan vir ons lewens toe.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

He Calls Us By Name

Mense is baie soos skape. Net soos skape het ons ʼn herder nodig om ons op die voetpaaie van die lewe te lei. Jesus is ons goeie herder. Hy noem ons op ons name, lei ons uit slawerny, kom haal ons wanneer ons verlore raak, ken ons intiem, en beskerm ons teen gevaar. Hy lei ons nie net nie, Hy het ons lief. Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Sluit by my aan om in hierdie 5-dag leesplan, verskillende maniere te ontdek hoe Jesus ons herder is.

More

Ons wil graag vir Laynie Travis bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.laynietravis.com