God Met OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 5 VAN 6

God Met Ons op die Bergkruin

Ons almal het wonderlike oomblikke: 'n nuwe werk, oorleef kanker of 'n ongeluk, 'n groot bevordering, om te trou, om swanger te raak, om geloof te ontdek. 

Stel jou voor jy klim teen 'n berg uit. Met elke tree beweeg jy hoër op, die suurstof raak minder, jou bloed verdun, jou hart klop vinniger en alles daar onder begin kleiner lyk. Wanneer jy weer helder kan dink, lyk die reusagtige boom soos 'n speldekop in 'n asemrowende toneel van valleie, riviere, heuwels, grasvelde, huise, paaie en dorpe vol mense, wat net kan sien wat voor hul oë is. Iets binne jou wil sing, jou hande in die lug laat opgooi, uitskree, jou iets laat skryf of reageer op die krag wat jy sien. Bergkruine doen dit aan 'n mens. 

Berge is 'n gereelde geografiese deel van sommige van God se belangrikste verhale in die Bybel. Onthou jy Moses en die brandende bos? Berg Sinai. Moses en die tien gebooie. Dieselfde berg. Onthou jy waar Noag se ark uiteindelik geland het en hy God se belofte ontvang het? Berg Ararat. Wat van Abraham wat gehoorsaam was om Isak te gaan offer en God 'n ram voorsien het? Berg Moria. Waar het Moses uiteindelik 'n kykie op die beloofde land gehad? Berg Nebo. Waar het Elia bewys dat God die enigste ware God is? Berg Karmel. Dan is daar ook nog Jesus se beroemde Bergpredikasie, waar Hy mense geleer het hoe om te lewe. Laaste, maar nie die minste nie, Golgota, die heuwel waar Jesus gesterf het. 

As God met ons op die bergkruin is, wat beplan Hy? Hoe kan ons reageer? Hier is 'n lysie wat deur die Skrif geïnspireer is. 

God lok passie in ons uit. Wanneer ons moeg of ons aandag afgelei is, stel God ons bloot aan sy majestieuse krag en steek 'n vlam in ons aan die brand om sy naam bekend te maak. Ons kan met nederige aanbidding en manhaftige dade reageer. 

God bevestig ons visie. Wanneer ons onseker is wat om volgende te doen, gebruik God bergkruinervarings om vir ons die pad aan te dui. Ons kan reageer deur Hom te begin volg.

God vorm ons geloof. God gee vir ons 'n luguitsig van alles wat Hy al vir ons gedoen het, wanneer ons op die bergkruin staan. Ons kan reageer deur God se goedheid met ander te deel. 

God gee vir ons sy instruksies. God gee dikwels vir ons instruksie en regstelling, saam met nuwe insig. Ons kan reageer met berou en gehoorsaamheid.

God gee wat Hy belowe het. Van Moses op Nebo, tot by Abraham op Moria, en ten slotte, Jesus op Golgota, voorsien God voortdurend, oorvloedig in ons behoeftes. Ons kan met ons hele lewe reageer. 

Met watter bergkruin kan jy identifiseer? Hoe sal jy reageer?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Hy is by jou as jy pyn ervaar. Hy vertroos jou terwyl jy wag. Wanneer jy angstig is oor die toekoms, gee Hy jou moed. Wanneer jy 'n berg moet klim, hou Hy jou veilig in sy arms. Jy is geen oomblik alleen nie. Begin hierdie Life.Chruch-leesplan, wat deel uitmaak van Pastoor Craig Groeschel se reeks: God Met Ons.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/