God Met OnsVoorbeeld
God Met Ons Altyd
Onthou jy God se verhaal? Ons het in gister se oordenking 'n voorsmakie daarvan gehad. God wil by ons wees. Gister se oordenking het by die begin van Jesus se lewe op aarde geëindig. Ons het in Matteus 1 van die Kersverhaal gelees toe die engel vir Josef gesê het dat Jesus, Immanuel, God met ons genoem sal word. Vandag begin ons met die laaste vers van die laaste hoofstuk in Mattteus, die einde van Jesus se tyd op aarde.
Teen hierdie tyd het Jesus die prys vir ons sonde betaal, Hy het drie dae later uit die dood uit opgestaan en het daarna 'n paar weke saam met sy dissipels deurgebring. As deel van sy voorbereiding om hulle te verlaat, het Hy hierdie laaste woorde in Matteus 28:20b gebruik: "Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."
Wag 'n bietjie, hoe nou? Kan jy die gesug van die dissipels hoor? Jesus, ek is nie seker ek verstaan wat U gaan neerlê nie. Is dit weer een van u rabbi breinspeletjies? U was net meer as 30 jaar saam met ons hier op aarde. U was die laaste drie jaar persoonlik by ons. U was vir drie dae dood. Dankie tog dat U teruggekom het. Nou gaan U weg, maar belowe om altyd met ons te wees?
In Johannes 14 het Jesus sy dissipels vir hierdie moeilike les voorberei. Jesus doen dit goed, nè ? Hy het hulle gewaarsku dat Hy sou weggaan en dat Hy die Vader sou vra om 'n "advokaat" te stuur: of Paraklētos, in Grieks. Hierdie woord beskryf iemand wat 'n persoon bystaan, raad gee, vertroos en bemagtig. Die Heilige Gees.
Jesus, Immanuel, God met ons, beteken letterlik dat ons nuwe advokaat nie net met ons sal wees nie, maar in ons. Op daardie oomblik, toe Hy die Paraklētos, die Heilige Gees aan ons voorgestel het, het Jesus sy reputasie, sy Godgegewe naam en die hele geskiedenis van God met ons op die spel geplaas. Jesus het met ander woorde gesê: "Julle het God met ons leer ken, maar Ek praat van die Paraklētos wat gaan kom, God in jou."
Stel jou Kersvader voor wat deur die skoorsteen kom, Kersfees saam met julle deurbring, dan vir jou kinders sê hy moet teruggaan, maar hy sal al die geskenke, vreugdes, blydskap en wonder van die Noordpool vir altyd agterlaat. "Kinders, julle sal nooit weer vir Kersvader 'n kerswens hoef te stuur nie."
Die verskil is: God se verhaal is werklik. Deur die werking van die Heilige Gees, is dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het, nie net met ons nie, maar in ons, langs ons — ons krag, mag, raadgewer en Trooster, vir altyd! "Kinders, julle hoef nooit weer bekommerde gebede aan 'n God te rig wat ver weg is nie."
Het die Heilige Gees onlangs vir jou iets gesê? Hoe kan jy ingestel wees op God wat in jou is?
Bid: Heilige Gees, vul U my lewe. Met u raad, liefde en krag, vir altyd.
Aangaande hierdie leesplan
Hy is by jou as jy pyn ervaar. Hy vertroos jou terwyl jy wag. Wanneer jy angstig is oor die toekoms, gee Hy jou moed. Wanneer jy 'n berg moet klim, hou Hy jou veilig in sy arms. Jy is geen oomblik alleen nie. Begin hierdie Life.Chruch-leesplan, wat deel uitmaak van Pastoor Craig Groeschel se reeks: God Met Ons.
More