God Met OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 1 VAN 6

God By Ons Dwarsdeur Die Geskiedenis

Hoe raak jy verlief of maak jy 'n nuwe vriend? Deur julle verhale met mekaar te deel. Miskien gebeur dit deur die loop van baie ure se saamwees, afsprake, uitruil van boodskappe, oproepe, enige vorm van kommunikasie. Dit gebeur wanneer julle mekaar jul verhale vertel.

Het jy onlangs God se verhaal gehoor?

Die saak staan so. God het 'n volmaakte verhouding met die Heilige Gees en sy Seun, Jesus gehad. Saam was hulle alles wat hulle nodig gehad het. Op 'n dag het hulle 'n nuwe soort skepsel gemaak: ons verlangse familie, Adam en Eva. 

God het ons nie net as 'n neweproduk gemaak wat in 'n petribakkie (vir die kweek van selle) vergete sou bly nie. Hy wou van die begin af by ons wees. Genesis vertel vir ons dat Hy teen die aand se kant by hulle was om in die tuin te wandel. Ken jy God so? Jy kan.

Toe het hulle verby God gekyk op soek na kennis, vervulling, voorsiening en ander dinge wat net ons Skepper veronderstel was om vir hulle te gee. Doen jy dit ook?

God het dit uitgevind. Toe kruip hulle weg. Kruip jy ooit weg? 

God wou nog steeds by hulle wees; dus het Hy hulle gaan soek, gevind en 'n nuwe manier gegee om naby Hom te wees — deur middel van wette en offers. Is jy al deur Hom gevind?

Mense het geprobeer om die wette te gehoorsaam, maar hulle het misluk. Hulle het dus hulle beste diere na die priester as 'n offer gebring. Dit sou hulle sonde bedek sodat hulle hierdeur naby God kon kom.  

Tog wou God nog steeds nader by hulle wees en stuur toe sy enigste Seun aarde toe — die volmaakte Hoëpriester en eenmalige offer. Jesus het aarde toe gekom om by ons te wees, waar Hy sy lewe gegee het om die wet vir ons te vervul. 

Weet jy wat God sy Seun genoem het toe Hy Hom aarde toe gestuur het om by ons te wees? Immanuel, wat beteken "God by ons". God het letterlik 'n baba na ons kleine planeet gestuur en Hom "God by ons" genoem!

Dink weer vandag na oor wat Hy gedoen het om by ons te wees, om by jou te wees. 

Wat is jy gewillig om te doen, of prys te gee, om by Hom te wees?

Bid: Baie dankie, Vader. Baie dankie. Baie dankie. Ek wil ook by U wees. 

Gaan kyk naGod By Ons.

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Hy is by jou as jy pyn ervaar. Hy vertroos jou terwyl jy wag. Wanneer jy angstig is oor die toekoms, gee Hy jou moed. Wanneer jy 'n berg moet klim, hou Hy jou veilig in sy arms. Jy is geen oomblik alleen nie. Begin hierdie Life.Chruch-leesplan, wat deel uitmaak van Pastoor Craig Groeschel se reeks: God Met Ons.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/