God Met OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 4 VAN 6

God Met Ons in die Woestyn

Woestyn. 

Oordink daardie woord 'n rukkie. 'n Woestyn is 'n plek waar die son jou skroei, 'n verlate plek met kaktusse vol skerp dorings. Dalk dink jy aan iemand wat alleen is in die woestyn. Of jy dink aan iemand, of jyself, wat deur 'n moeilike tyd gaan.

Groot dele van die Bybel is geskryf in streke van die wêreld wat woestynagtig is. Dink 'n rukkie daaroor na. Die Woord van God het tot stand gekom, soos 'n koppie koue water wat 'n mens verkwik — in die woestyn! Kan jy dit glo?

Het jy al geestelik 'n droë tydperk ervaar wat jou geloof, finansies, huwelik, familie of werk aanbetref? Dit hou dalk al nou langer as 'n seisoen aan. Dit voel dalk of jy in 'n droë streek woon. Jy voel dalk verlate. Skep moed. Ons God is die God wat woorde van lewe vanuit die woestyn gespreek het. 

Het jy meer bewyse nodig? Waar is die Israeliete uit gevangenskap bevry? In 'n woestynland. Waar was Moses toe God hom in 'n brandende bos geroep het om sy mense uit Egipte uit te lei? Daardie heilige grond was ook droë grond. Waar het God se volk Hom leer vertrou vir hulle daaglikse kos, water en leiding? In die wildernis. Waar was Elia toe God die kraaie gestuur het om vir hom kos te bring? Jy het reg geraai. Waar het Dawid ernstig na God gesoek? In 'n droë en dorre land. Waar was Jesus net voor Hy sy bediening op aarde aangekondig het? In die woestyn. 

Laat God sy mense in die steek op die kritieke oomblikke wanneer hulle Hom die nodigste het? Ja en nee. Nee, God sal ons nooit begewe of verlaat nie. Hy maak dit baie duidelik. Ja, God laat toe dat sy mense deur droë seisoene en gebiede gaan. In die woestyn leer ons God ken as 'n instrukteur en nie 'n verraaier nie. Hy is 'n deernisvolle afrigter, nie 'n gewetenlose moordenaar nie. Die woestyn leer ons om te floreer sonder reën, deur verbonde te wees aan die Reëngewer. Hy is daar by ons, Hy moedig ons aan met krag, leer ons om dieper te delf in wie Hy is, om staat te maak op die water waarvan Jesus gepraat het, wat ons nooit weer sal laat dors kry nie. 

Is jy moeg, uitgeput, verdor? Waar gaan soek jy voeding, vertroosting en liefde? Wat kan die woestyn jou leer?

Bid: Vader, vergewe my dat ek gedink het U verlaat my. Leer my om op U te vertrou vir my diepste behoeftes. Dankie dat U saam met my in die woestyn is. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Hy is by jou as jy pyn ervaar. Hy vertroos jou terwyl jy wag. Wanneer jy angstig is oor die toekoms, gee Hy jou moed. Wanneer jy 'n berg moet klim, hou Hy jou veilig in sy arms. Jy is geen oomblik alleen nie. Begin hierdie Life.Chruch-leesplan, wat deel uitmaak van Pastoor Craig Groeschel se reeks: God Met Ons.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/