Reis Na Die KripVoorbeeld
Immanuel
Die Ou Testamentiese profete het nie geweet wanneer hulle woorde in vervulling sou gaan nie; hulle het net weergegee wat die Gees van God vir hulle gewys het. Toe Jesaja dus skryf: "Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem," het hy geen idee gehad wanneer dit sou plaasvind nie (Jesaja 7:14 NLV vergelyk Matteus 1:23).
Immanuel beteken "God by ons". Jesus se teenwoordigheid op die aarde, was die eerste stap om die intimiteit wat in die tuin van Eden verlore geraak het, te hervestig. Sy lewe was God se persoonlike uitdrukking van die liefde wat Hy vir ons het. Ons kan vandag bly wees oor die ongeëwenaarde seën wat dit inhou om in die vervulling van die Here se belofte te leef, wat hy duisende jare gelede deur die profeet Jesaja aan die wêreld gegee het.
Aktiwiteit: Geniet sy teenwoordigheid: Kyk na jou gunsteling Kersfeesrolprent en vra die Heilige Gees om dit te gebruik om iets nuuts aan jou oor God te openbaar.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind.
More