Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 4 VAN 70

Die Lig Oorwin

Jesus se geboorte het plaasgevind toe daar 'n geestelike duisternis in die land was. Die mense van Israel het byna almal die Here se voorskrifte verontagsaam. Die tempel het 'n handelshuis geword; offerandes is gebring uit verpligting en tradisie, eerder as uit 'n innerlike begeerte om God te aanbid. Die hoop vir 'n komende Messias was dikwels eerder 'n begeerte vir 'n militêre oorwinning en die vernietiging van die Romeinse oorheersing.

Jesus het egter vir 'n doel gekom wat al hierdie maniere van dink oortref het. Hy het in der waarheid gekom om die werke van die vyand te vernietig — die vyand van ons siele. Hy het sy koninkryk op aarde gevestig deur sy lewe neer te lê as 'n offer van liefde en vergifnis — sodat alle mans en vroue ware, oorvloedige lewe kan hê.

Aktiwiteit: Helder iemand se dag op — deur 'n paar vriende te vra om saam met jou Kersliedjies by huise te gaan sing. As jy dit nie in jou buurt kan doen nie, gaan na 'n ouetehuis toe.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind. 

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting