Reis Na Die KripVoorbeeld
Ewigdurende Liefde
Ons hedendaagse wêreld verskil nie veel van die een waarin Jesus gebore is nie. Politieke onrus, oorlog, onderdrukking en hartseer was toe daaglikse werklikhede — net soos nou. Die mense in sy tyd was op soek na dieselfde dinge as waarna ons vandag verlang: vrede, liefde, sekuriteit en 'n doel.
Jesus het gekom om Homself te openbaar as die manier waardeur die mens se hart ware vrede, rus en ewige liefde kan ondervind. Enigeen wat nog net vir wêreldse bevrediging geleef het, weet dat dit vlietend is. Nie eens die wonderlikste ervaring van menslike liefde kan daardie innerlike leemte waarlik vul nie.
Die sielsbevredigende, onvoorwaardelike liefde wat Jesus aan ons kom wys het, is ons s'n wanneer ons Hom aanvaar en sy gratis geskenk ontvang. In sy liefde sal ons uiteindelik kry waarna ons nog altyd gesoek het.
Aktiwiteit: Kyk saam met jou gesin na die Kersfeesliggies in jou dorp.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind.
More