Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld
Gemeenskap
Partykeer wil ek net alleen wees! Jy ook? Ek weet. Meeste van ons enkellopendes kla dikwels omdat ons alleen is. As ons egter eerlik met onsself moet wees, hoe ouer ons word, hoe makliker raak dit om in ons eie geselskap te wees. Ook wanneer ek myself in 'n groep bevind, betrap ek myself dat ek my met 'n onsigbare skerm afsonder. In my kommunikasie met die mense vertel ek hulle dan wat ek wil hê hulle moet hoor, afhangend van my gemoedstoestand. Ek het 'n aanvoeling vir hoe om net die nodigste op so 'n manier te sê dat mense my alleen laat. Hoe meer ek egter van die lewe van Jesus op die aarde leer, hoe meer sien ek 'n gans ander voorbeeld. Jesus was iemand wat geweier het om oppervlakkige verhoudings aan te knoop. Hy het Homself nooit afgesonder nie en het altyd dieper as die oppervlak gekyk om dit wat werklik saak maak raak te sien. Jesus het op 'n liefdevolle manier skanse afgebreek en dit sy werk gemaak om mense te leer ken. Hy het nie moeilike of pynvolle situasies vermy nie en is ook nie deur mense se behoeftes afgeskrik nie. Die gevolg was 'n lewensveranderende ervaring vir enige iemand wat Hom ontmoet het. Dus, op daardie dae wat ek liewer alleen wil wees, dink ek aan Jesus en God se plan vir my in my gemeenskap. Dan besluit ek om uit my eie gemaksone te beweeg en die onbekende te betree. Wie weet wat kan gebeur wanneer ek, in plaas van alleen wees, eerder betrokke raak in my gemeenskap?
Vrae:
Watter soort verhoudings het jy met ander? Is jy deel van 'n Christen gemeenskap? Hoe kan jy doelbewuste verhoudinge nastreef as 'n enkellopende Christen?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hierdie 14-dag leesplan, wat gebaseer is op die boek Thrive van Lina AbuJamra, word enkellopende Christene uitgedaag om te floreer in hulle lewens wat God hulle hier op aarde gegee het.
More