Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional for Singles

DAG 11 VAN 14

Tydsberekening 

Een van die mees vernietigende leuens wat baie enkellopende Christene glo, is dat ons te oud is: te oud om te trou, te oud om 'n nuwe verhouding te begin en ook te oud om te floreer. Of jy nou 30 of 80 is, jy was waarskynlik al op 'n plek in jou lewe waar jy vas geglo het dat die tyd te vinnig verby gesnel het en dat dit te laat is. Die oomblik wat jy besluit om hierdie leuen te glo, is die oomblik wanneer jy hoop verloor. Hierdie is wat ek weet: wat God se plan met ons betref, solank as wat ons nog asemhaal, is ons nog nie te oud nie. Dink hieroor: Abraham was 100 toe hy sy eerste seun gehad het. Sara was 90. Moses was 80 toe hy begin het met sy Goddelike roeping. Josua was 90 toe hy uiteindelik reggemaak het om die beloofde land binne te gaan. Anna was al ver verby haar aftreetyd toe sy uiteindelik die langverwagte Messias gesien het. Wat God se planne met jou betref, as jy nog lewe is God nog nie klaar met jou nie. Enige iets kan enige tyd gebeur. Jy is nie te oud vir God en sy planne met jou nie. Jy is nie te oud dat God vir jou die geleentheid kan gee waarna jy hunker nie. God se tydsberekening is altyd perfek. Hy is nooit te laat nie. Hy is altyd daar vir jou op net die regte tyd. Weier om toe te gee aan die versoeking om jou te kwel oor dinge waaroor jy in elk geval geen beheer het nie. God kan doen net wat Hy wil. Enige tyd. Vertrou sy tydsberekening en lewe voluit.

Vrae: 

Was jy al ooit in die versoeking om te voel jy is te oud om te trou? Of dalk te oud dat God jou nog kan gebruik? Wat sou jy vir die Here gedoen het as jou ouderdom nie vir jou 'n probleem was nie?

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional for Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hierdie 14-dag leesplan, wat gebaseer is op die boek Thrive van Lina AbuJamra, word enkellopende Christene uitgedaag om te floreer in hulle lewens wat God hulle hier op aarde gegee het. 

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org