Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld
Verwerping
Het jy al ooit die angel van verwerping gevoel? Die kans is goed dat jy al iewers in jou lewe verwerping beleef het. Kon dit jou doodmaak? Nee. Jy lewe. Kom ons praat oor die hantering van verwerping. Hoe kan jy as Christen steeds floreer wanneer jy verwerping ervaar? Die belangrikste stap in die hantering van verwerping is die besef en wete dat die stryd teen moedeloosheid, ontmoediging en wanhoop in ons koppe begin. In ons eie psige. Ons word dit waaraan ons dink. Die beste manier om te weet wat in ons koppe aangaan is om na die woorde te luister wat by ons monde uitkom. Wat vertel jy vir jouself oor God? Watter soort boodskap verkondig jy aan jouself? Wanneer dit by ons woorde kom, moet ons ophou om die verwerping en pyn oor en oor te herleef. Staak die wraakgedagtes en hou op om alles wat verwant is aan die bron van verwerping te vermy. Moet dit nie uitblaker aan enige iemand wat wil luister nie. Ons moet eerder in die Gees wandel en weier om aan die versoekings van ons vlees toe te gee Selfbejammering kan dalk terapeuties wees vir 'n rukkie maar ons moet eerlik met onsself wees. Die Here is die heeltyd besig met ons. Selfs al gaan ons deur verwerping. God is in beheer van ons lewens. Ook in die tye wanneer ons onregverdig behandel word. Ons kan ons denke vernuwe en onwankelbare vreugde vind deur op die waarheid van God se beloftes te fokus.
Vrae:
Staan vir 'n oomblik stil en dink na oor wat jy vir jouself oor jou lewe sê . Is jou boodskap aan jouself op God se beloftes gebaseer of glo jy die leuens?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hierdie 14-dag leesplan, wat gebaseer is op die boek Thrive van Lina AbuJamra, word enkellopende Christene uitgedaag om te floreer in hulle lewens wat God hulle hier op aarde gegee het.
More