Wanneer Die Duiwel KlopVoorbeeld
Die Verloorder
Is daar regtig 'n duiwel? Volgens onlangse studies is slegs ongeveer ses uit elke tien Amerikaners daarvan seker. Dieselfde studies vermeld dat nege uit elke 10 Amerikaners sê dat hulle in God glo. Dit beteken daar is baie mense wat dink dat die goeie Een bestaan, maar nie die slegte ou nie.
Die duiwel is 'n bedrieër wat jou denke met leuens aanval. Hy is 'n vernietiger wat jou met hoogmoed aanval. Laastens is hy ook 'n aanklaer wat jou hart met beskuldigings aanval. Hy is baie swakker as God, dus voer hy sy doeltreffendste stryd as ons nie weet wat gebeur nie. Eintlik veg die duiwel soos 'n verloorder.
Wanneer iemand 'n gebrek aan selfvertroue het, wat doen hulle? Hulle probeer ander afkraak. Die duiwel voer 'n verlore stryd in 'n oorlog wat God reeds gewen het. Hy veg dus soos 'n verloorder en val God se kinders op onderduimse maniere aan.
Hoe veg ons teen 'n oorwonne, onderduimse vyand? Ons veg nie vir oorwinning nie. Ons veg vanuit oorwinning. Ons veg nie in die donker nie. Ons veg in die lig.
Ons veg wetende dat ons vyand bestaan en kragtig is. Ons besef dat die stryd nie teen die persoon langs ons, die ander party of die kultuur is nie. Ons veg nie alleen nie. Ons veg verenig, teen 'n geestelike krag wat ons vir ewig wil dood hê. Ons veg deur nederig die gawe van verlossing te ontvang. Ons veg met die bewustheid van die vyand se handboek, en deur ons handboek (die Woord van God) uit te voer. Ons wen deur belydenis. Ons wen wanneer ons lig in die duisternis plaas. Ons verslaan ons vyand deur ons aan ons God oor te gee. Die beroemde skrywer en teoloog, C.S. Lewis, het dit so gestel: "Ons kom nie na God toe as slegte mense wat goeie mense wil word nie; ons kom as rebelle om ons wapens neer te lê.”
Wat moet jy prysgee om God se oorwinning te aanvaar? Voor wie moet jy bely?
Bid: Vader, ek is klaar daarmee om my eie stryde te probeer stry of voor te gee dat dit nie bestaan nie. Vandag gee ek my aan U oor. Dankie dat U die oorlog gewen het. Wys my hoe om oorwinning in elke gebied van my lewe te behaal. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
As die duiwel klop, hoor jy dit nie altyd nie. Reg? Hy sluip eerder by 'n oop deur in. Hy is die bedrieër, vernietiger en aanklaer wat alles sal doen om God se liefde en waarheid te verbloem. Hy wou nie hê dat hierdie Life.Church leesplan geskryf word nie, en hy wil beslis nie hê dat jy of jou kleingroep dit moet lees nie. Maar dit is nog 'n stryd wat God sal wen.
More