Wanneer Die Duiwel KlopVoorbeeld
Die Aanklaer
Die Satan wil met jou hart speel asof dit 'n sport is. Wanneer jy op die punt staan om te sondig, veg hy aggressief teen jou beterwete en die Heilige Gees in jou. Sodra jy 'n bietjie sonde op die telbord geplaas het, gebruik hy dit tot sy voordeel en val jou hart aan.
Jou aanklaer sê: "Daar het jy dit weer gedoen — jy sal dit nooit oorwin nie. Dit is maar wie jy is. Jy is 'n verloorder en jy sal altyd 'n swak, verlore verslaafde wees." Hy noem jou op jou sonde, nie op jou naam nie.
God is egter jou genadige Vader wat sonde haat en jou liefdevol op jou naam noem. Jy het 'n ware beskermer, Jesus, wat deur jou genadige Vader gestuur is om die prys vir jou sonde te betaal. Wanneer jou hemelse Vader na jou kyk, sien Hy vir Jesus en noem jou op jou nuwe naam, seun of dogter van God.
Wanneer jy jou gebroke lewe aan Jesus gee, gee Hy sy ewige lewe aan jou. Hoe help dit jou terwyl jy daagliks voor die beskuldigings van die vyand te staan kom? Hoe beïnvloed dit skande, skuldgevoelens, misplaaste identiteit en die lelike name wat jy oor jouself glo?
Terug na sport toe. Wenspanne het 'n uitstekende afrigter, 'n sport handboek en oefen baie. In die lewe kry jy baie oefening, 'n goeie afrigter (die Heilige Gees) en die Bybel ('n handboek met jou taktiek en jou vyand se taktiek). Wanneer jy vandag se Skrifgedeelte lees, kyk hoe die voorbeelde hieronder hulleself afspeel. En moenie vergeet nie, jy is in die wenspan.
Wanneer jy versoek word. Wanneer jy hoor: "Jy is 'n goeie mens. Jy het dit verdien. Jy is sterk genoeg om dit te probeer en later op te hou.” Dan is dit die duiwel se beskuldiging. Wanneer jy hoor: “Wat sê die Skrif hieroor? Hoe sal dit jou hart beïnvloed? Wie sal hierdeur seerkry?” Dit is die oortuiging van die Heilige Gees.
Wanneer jy misluk. Wanneer jy hoor: "Ek is 'n mislukking. Ek sal dit nooit regkry nie. Dit is maar hoe ek is.” Dit is dan die beskuldiging van die duiwel. Wanneer jy hoor: “Bid. Kom terug na My toe. Ons kan dit saam oorkom. Moenie bang wees om dit vir iemand te vertel nie.” Dit is die oortuiging van die Heilige Gees.
Wanneer jy iets toesmeer. Wanneer jy hoor: "Wat hulle nie weet nie, sal hulle nie seermaak nie. As jy dit vir hulle vertel, sal hulle jou verwerp. Bly liewer stil — dit gaan waarskynlik reeds sleg met hulle.” Dit is dan die beskuldiging van die duiwel. Wanneer jy hoor: "Jy kan dit nie vir ewig toesmeer nie. Ek sien wat jy gedoen het, en Ek is lief vir jou. Jy kan hiervan genees word as jy nou openhartig is.” Dit die oortuiging van die Heilige Gees.
Wanneer jy bely. Wanneer jy hoor: "Jy is 'n siek mens. Hoe kan jy so aaklig wees? Hierin is jy alleen.” Dit is dan die beskuldiging van die duiwel. Wanneer jy hoor: "Ek is lief vir jou. Ek vergewe jou. Ek is met jou. Hier is 'n nuwe manier om te lewe." Dit die woorde van jou liefdevolle hemelse Vader.
Bid: Vader, U verander nooit nie. Dankie daarvoor. Help my asseblief om na die Heilige Gees te luister as ek in die versoeking kom, as ek misluk, as ek eerder my probleme wil toesmeer en as ek bely. Slegs U is goed — vir altyd.
Aangaande hierdie leesplan
As die duiwel klop, hoor jy dit nie altyd nie. Reg? Hy sluip eerder by 'n oop deur in. Hy is die bedrieër, vernietiger en aanklaer wat alles sal doen om God se liefde en waarheid te verbloem. Hy wou nie hê dat hierdie Life.Church leesplan geskryf word nie, en hy wil beslis nie hê dat jy of jou kleingroep dit moet lees nie. Maar dit is nog 'n stryd wat God sal wen.
More