Wanneer Die Duiwel KlopVoorbeeld

When The Devil Knocks

DAG 2 VAN 5

Die Bedrieër

Wanneer jy by 'n restaurant eet, kry jy 'n stukkie papier as bewys dat jy jou ete ontvang het en dat die restaurant op hulle beurt, jou geld ontvang het. Wat noem ons dit? 'n Kwitansie of bewys van ontvangs. Wanneer jy agterkom dat die kelner jou limonadeglas ses keer hervul het sonder om jou in te lig dat die hervullings nie gratis is nie, wat is dit? Bedrog of misleiding. 

Ontvangs en misleiding kom as twee belangrike woorde in die Bybel voor. Hierdie twee woorde is beduidend verskillend. ‘n Woord soos “ontvang” insinueer om iets terug van die oorspronklike plek te neem. Daarteenoor, verteenwoordig ‘n woord soos “mislei” verlies, wegneem of wegwerp. ‘n Ontvangsbewys is dus die bewys van iets wat in besit geneem word, maar "misleiding" dat iets verloor is. Ontvangs maak alles openbaar terwyl misleiding in die duister plaasvind. 

Waarom lig ons hierdie woorde uit? Omdat een van hierdie woorde ons reaksie teenoor God beskryf terwyl die ander op die duiwel dui. Moenie dit misloop nie. Ons ontvang. Die duiwel mislei.

Misleiding is op die duiwel se voorkop geskryf. God die Almagtige, het die duiwel uit die hemel neergewerp toe hy probeer het om aanbidding en eer aan God weg te neem. Daarna het die duiwel een derde van die engele mislei en hulle saam met hom uit die hemel weggeneem. Hoekom? Omdat hy God haat. Sy enigste begeerte is om wat aan God behoort, weg te neem 

God kan egter nie mislei word nie. Hoe presies val die bedrieër dan vir God aan? Deur God se skeppings, ook vir jou, te mislei. Hy bevraagteken die Woord van God. "Het God werklik gesê ...?" Hy misken die Woord van God. "Nee wat, dis nie eintlik wat die Bybel bedoel nie." Hy verdraai die Woord van God met sy leuens. "God sê mos Hy laat alle dinge ten goede uitwerk, of hoe? Probeer dit net eenkeer." Alles wat die duiwel sê klink soos 'n skelmstreek om weg te neem wat jy dink jy verdien, maar eintlik is dit 'n valstrik om weg te neem wat alreeds aan jou gegee is. 

Die duiwel probeer alles in sy vermoë om te verhoed dat jy die liefde van God en sy waarheid kan sien. 

Nou terug by jou as ontvanger. Hoe beveg ons hom? Deur die liefde van God en sy waarheid, die evangelie, te ontvang. Jy neem terug vanuit die oorspronklike plek, die ewige geskenk wat jy reeds ontvang het. Jesus het gesterf om aan jou vryheid te gee. Hy het reeds die rekening betaal. Jy staan op die punt om die papierbewys, die bewys van ontvangs wat die Woord van God is, te lees. Lees die waarheid, ontvang die waarheid, lewe die waarheid uit en die waarheid sal jou vrymaak. Dis omdat diegene vir wie die Seun vrymaak, inderdaad vry is.  

Bid: Vader, ek ontvang u liefde en waarheid. Watter misleidings het ek geglo? Ek trek in die Naam van Jesus alles terug wat die duiwel van my probeer wegneem het. Maak my vry van misleiding. Amen.
 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

When The Devil Knocks

As die duiwel klop, hoor jy dit nie altyd nie. Reg? Hy sluip eerder by 'n oop deur in. Hy is die bedrieër, vernietiger en aanklaer wat alles sal doen om God se liefde en waarheid te verbloem. Hy wou nie hê dat hierdie Life.Church leesplan geskryf word nie, en hy wil beslis nie hê dat jy of jou kleingroep dit moet lees nie. Maar dit is nog 'n stryd wat God sal wen.

More

Ons wil Life.Church graag bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church