Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai NieVoorbeeld

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

DAG 7 VAN 7

Die Onverwagse Vreugde om aan Jouself te Sterf

Die laaste paar jaar het my amper in twee geskeur toe God my selfbeheptheid liefdevol gekruisig het. God was nie geïnteresseerd daarin om my pyn te verlig met bemoedigende woorde of selfs woorde wat waar was nie. In plaas daarvan wou Hy my beter maak – my geheel en al nuut maak – en dit het beteken dat ek my innerlike, die dinge wat my siek gemaak het, moes laat sterf. 

God sien geen sin daarin om geykte uitdrukkings te gebruik om ons beter te laat voel nie. Nie as dit ons daarvan weerhou om te sterf, sodat ons kan lewe nie. Hy laat ook nie toe dat ons onsself mislei deur ons tekortkominge te ontken nie. God wil ons gebroke kant sien sodat ons sy genesing kan aanvaar, in plaas daarvan om te ontken dat ons dit nodig het. 

Onsekerhede veroorsaak dat ons leuens oor onsself en ons waarde glo, maar hulle onthul ook waarhede oor ons afgode en verkeerde fokus of misplaasde prioriteite. Onsekerheid is 'n teken van 'n geestelike swakheid, en totdat ons dit kan erken of bely, sal ons nooit die oorsprong van ons pyn kan aanspreek nie. Oulike woorde oor ons posisie in die samelewing, steek dit net vir 'n rukkie weg.

In die hande van die Groot Geneesheer, kan God ons pyn en onsekerhede tot ons voordeel gebruik. Hy kan dit gebruik om ons nederig te maak, om ons te leer en te help groei. Hy wys vir ons die afgode uit wat ons wegsteek en stoei om dit uit ons moeë hande uit te vat. 

Dit is die vreemde, verrassende, onderstebo, goeie nuus van Jesus Christus. Wanneer jy soos 'n mislukking of 'n slaaf voel, of as jy wonder of jy 'n goeie ouer of huweliksmaat is, wanneer jy bang is dat jy nie aan al die vereistes voldoen nie, dan sê God: "Ja, dis alles waar." Dit is verbasend goeie nuus. Jy kan 'n mislukking wees. Jy kan nie aan al die vereistes voldoen nie. Dan kan jy ophou om te probeer om jouself onmisbaar te maak of belangrik genoeg om die las van die wêreld op jou skouers te dra. God het jou nie geskep om dit te doen nie. As jy dít eers besef, sal jy uiteindelik die vryheid ervaar om nie die persoon te wees wat nét God kan wees nie. 

Die gawe van onbelangrikheid, nederigheid en om aan jouself te sterf, kom in 'n lelike verpakking, maar bevat die mooiste skat. 


Wat is die verskil tussen 'n wêreldse perspektief en 'n Goddelike perspektief van "jou ware self?"


Om meer te leer oor Free of Me besoek http://sheworships.com/free-of-me-book  

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

Ek het iets verrassends ontdek: om vir myself te lewe is baie werk. Dit mag dalk bevrydend klink om gefokus te bly om die beste "ek" te wees, maar dit is eintlik 'n baie swaar las om te dra — God het ons eerder geroep om ons vreugde daarin te vind om allereers op Hom te fokus. Ek hoop die kort oordenkings uit my boek "Free of Me", vind aanklank by jou begeerte om jou los te maak van jouself en aan God vas te hou. Daar vind ons ware vryheid!

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://bakerbookhouse.com/products/41181