Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai NieVoorbeeld

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

DAG 5 VAN 7

Die Gevare van Beeldbou

Ek sal nooit vergeet hoe my pa voorspel het dat ek eendag te oulik sou wees om met hom te assosieer nie. Ek het protes aangeteken: "Daar's geen manier nie!" Ek was agt jaar oud en het die wêreld van my ouers gedink. Sewe jaar later het bewys my pa was reg omdat ek met misnoeë gekyk het na enige iets wat my ouers gedoen het. 

Die meeste van ons ontgroei hierdie fase in ons tienerjare, maar ons ontgroei nie die geneigdheid om ons eie beeld te bou nie. In der waarheid gee ons dikwels net meer aandag daaraan en dit word meer vernietigend binne 'n huwelik of tydens ouerskap. Wanneer ons wederhelfte of kinders 'n verlengstuk van ons word, word hulle gedwing om 'n las te dra wat nooit vir hulle bedoel was nie. Dit is 'n toksiese bestanddeel van verhoudings.

Om jou eie beeld te bou, is een van die maniere waarop ons ons families soos 'n spieël hanteer. Ons sien eerder ons eie ambisies en vrese in plaas van wie hulle is, wat hulle nodig het en hoe om hulle lief te hê. Soms gebruik ons hulle tot ons voordeel.

Een van die eerste stappe wat ons kan neem om te verhoed dat ons aan ons beeld bou, is om dit by die naam te noem. Om hierdie gewoonte te sien vir wat dit is, is kragtig, want dan sal jy begin om dit te herken as jy dit doen. 

Jou gesin is nie daar om jou gemaklik te laat voel nie. Die doel van jou gesin is om jou vryheid te gee sodat jy God en die wêreld meer lief kan hê, want jy kan dit nie alleen doen nie. As Christene is dit ons uitdaging en roeping. Gesinne was nooit veronderstel om 'n pion te wees in die bou van jou beeld nie, want dit was nooit bedoel om net om onsself te draai nie. Vir ons, ja. Oor ons, nee. Wanneer ons gesinne daarop fokus om vir God en ander mense lief te wees, in plaas daarvan om ons eie beeld te bou, onsself met ander te vergelyk of om seker te maak dat ons kinders op die voorpunt bly, hoef ons nie meer te sukkel nie. Dit stel ook ons kinders vry van die samelewing se selfopgelegde las om op hulself te fokus. Wanneer ons kinders se doel baie groter as hulleself is, is die druk soveel minder. 

Daar is 'n roeping wat groter is as 'n gesin. Gesinne is goed en mooi en deur God ingestel en dit kan deel van hierdie roeping wees, maar dit was nooit bedoel om die doel op sigself te wees nie. Hierdie lewenstaak – nie ons perfekte huwelik of suksesvolle kinders nie – is altyd van groter belang. 


In watter areas van jou lewe kom jy in die versoeking om jou voorkoms te "bou" – jou huwelik, verhoudings, vriendskappe, werk, ouerskap, sosiale media?


 Om meer te leer oor Free of Me besoek http://sheworships.com/free-of-me-book.     

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

Ek het iets verrassends ontdek: om vir myself te lewe is baie werk. Dit mag dalk bevrydend klink om gefokus te bly om die beste "ek" te wees, maar dit is eintlik 'n baie swaar las om te dra — God het ons eerder geroep om ons vreugde daarin te vind om allereers op Hom te fokus. Ek hoop die kort oordenkings uit my boek "Free of Me", vind aanklank by jou begeerte om jou los te maak van jouself en aan God vas te hou. Daar vind ons ware vryheid!

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://sheworships.com/free-of-me-book