Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai NieVoorbeeld
Om God se Visie vir ons Voorkoms te Herwin
Jy voel heel waarskynlik dat jou liggaamlike gebreke oop en bloot is vir ander om te sien. Ons almal doen dit, en mense doen dit al sedert Adam en Eva in die tuin van Eden weggekruip het. Dis net so waar van sonde as vir oortollige vet; ons steek die dinge van onsself waarvan ons nie hou nie weg, sodat ander mense dit nie kan sien nie.
Dis nou waar die probleem inkom. Ons fisieke voorkoms spesifiseer nie wie ons eintlik is nie, maar ons lyf is deel van ons. Ons kan nie ons uiterlike skei van wie ons is nie, want God het ons as 'n eenheid met liggaam en siel geskep. As ons fisieke liggaam nie belangrik was nie, sou Jesus nie mens geword het nie. Hy het as 'n mens gekom om ons te verlos, en dit sluit ons liggaam en siel in.
Dit beteken dat wat "binne-in jou is" nie al is wat vir God saak maak nie. Jou uiterlike maak ook saak, want alles van jou maak vir God saak. Jou hele wese is met 'n doel geskep, en dit beteken dat jou uiterlike voorkoms nie jou vyand is nie. Jou liggaam, gesig, hare en oë, is alles "goed" geskape. In die begin van alle tyd het God dit so verklaar. Ons tree verkeerd op as ons daardie "goed" oorbeklemtoon en dink dat ons voorkoms 'n beeld van ons waarde weerspieël.
Wanneer ons voorkoms en begeerte om oulik te lyk voorskriftelik is vir ons optrede, gaan dit nie meer oor ons begeerte om lief te hê nie. In der waarheid gaan dit dan net oor ons liggame wat nie goed vir ons en die vrouens om ons is nie. Dit help niemand nie.
Dit is hoekom ons weer God se visie vir ons voorkoms in ag moet neem. Ons moet deernis bo vergelyking kies. Beteken dit dat ons ons klerekas moet leegmaak en goiingsakke dra? Nee, definitief nie. Die "sak-voorkoms" is nie nodig om ander lief te hê en met hulle kontak te maak nie. Dit beteken wel dat ons doel nie moet wees om die oulikste meisie of vrou in die geselskap te wees nie. Die doel van ons voorkoms moenie wees om ons gebreke weg te steek nie. Ons moet eerlik wees oor ons ydelheid, sodat ons die intensiteitsvlak kan afskaal.
Ons gee 'n geskenk aan ons sustersvriende as ons bereid is om soms ons swakhede bloot te stel en nederig te wees, in plaas daarvan om met ander te kompeteer. In ons huidige voorkoms-gedrewe kultuur, is dit hoe ons liefde betoon.
Op watter manier kan jy vandag God se visie vir jou voorkoms heroorweeg. Hoe kan jy 'n ander vrou help om dieselfde te doen?
Om meer uit te vind oor Free Me, besoek http://sheworships.com/free-of-me-book.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ek het iets verrassends ontdek: om vir myself te lewe is baie werk. Dit mag dalk bevrydend klink om gefokus te bly om die beste "ek" te wees, maar dit is eintlik 'n baie swaar las om te dra — God het ons eerder geroep om ons vreugde daarin te vind om allereers op Hom te fokus. Ek hoop die kort oordenkings uit my boek "Free of Me", vind aanklank by jou begeerte om jou los te maak van jouself en aan God vas te hou. Daar vind ons ware vryheid!
More