Ek kan 'n vriend weesVoorbeeld

I Can Be A Friend

DAG 3 VAN 16

Ek kan 'n vriend wees wat vriendelik en vergewensgesind is.

Kinders wat baklei of gemeen is, kan in so 'n gewoonte vasval! Hulle het hulp nodig om uit hul slegte gewoontes te kom. Jy gaan hulle nie help deur hulle te probeer terugkry nie — maar wel deur vriendelik te wees en hulle te vergewe. Leer Matteus 5:44 om jou te herinner om ander te help om uit hul slegte gewoontes te kom. Speel Vasplak Resies om die vers te memoriseer!

Vasplak Resies

1. Vra 'n vriend om saam te speel, kry twee stukkies papier, twee potlode, 'n skêr vir elkeen en kleefband.

2. Kyk wie die vinnigste die hele vers Mattheus 5:44 op die papier kan neerskryf.

3. Kyk dan wie die vinnigste die woorde kan uitknip.

4. Die speletjie eindig wanneer die wenner die woorde eerste op die regte plekke aan mekaar met die kleefband kan vasplak.

Vertel vir Iemand: Dra die hele vers voor sonder enige hulp.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

I Can Be A Friend

Met die hulp van God kan jy 'n gawe, wyse, gelowige en vreeslose vriend wees. Lees hierdie leesplan om meer daaroor uit te vind! Vir ouers: Lees hierdie leesplan saam met jou kind. Elke week sluit vier oordenkings asook 'n weeklikse speletjie om die vers te memoriseer in. Jy sal moontlik wil toesig hou oor die gebruik van hulpbronne.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church