Maak Wyse KeusesVoorbeeld

Making Wise Choices

DAG 4 VAN 4

Die vriende met wie ons onsself vereenselwig, bepaal wie ons word. Hulle kan ons óf ondersteun om die regte besluite te neem, óf ons in die rigting van slegte besluite lei. Kies dus om jouself met vriende te omring wat wyse keuses maak. Kry 'n vriend soos wat Jonatan vir Dawid was, een wat jou aanmoedig om God se wysheid op te soek.

Die besluite wat ons neem bepaal die persoon wat ons word. Ons moet dus in ons dag-vir-dag oomblikke altyd na God kyk. Hy gee ons sy wysheid vir 'n doel — sodat ons die lewe kan lei wat Hy vir ons bestem het.

Ons moet bid en aan Hom verbind bly, sodat wanneer die tyd kom om te besluit, ons die regte pad sal kies. Wanneer ons die regte pad kies, kies ons dat God se wysheid bepaal wie ons is.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Making Wise Choices

Hierdie 4-dag leesplan vir die jeug verken wat die Skrif oor wysheid sê. Volg die verloop van Nicole en haar broer Tate se eerste dag alleen by die huis waar hulle die slegte besluit neem om die bure se dogter, Kaylin, oor te nooi en die huis verwoes. Jy sal elke dag 'n Skrifgedeelte lees, na die verhaal kyk, en eerstehands 'n getuie wees van hoe belangrik dit is om wyse besluite te neem.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church