Maak Wyse KeusesVoorbeeld

Making Wise Choices

DAG 2 VAN 4

Elke besluit wat jy neem sal jou positief of negatief beïnvloed. As jy die beste besluit in 'n situasie neem, sal dinge vir jou beter wees. As jy 'n slegte keuse maak, sal dinge dikwels oor die langtermyn vir jou moeiliker wees.

Almal neem een of ander tyd slegte besluite. Wanneer ons dit egter doen, is dit belangrik dat ons nie weghardloop en vir God wegkruip nie, soos Adam en Eva in die tuin gedoen het. Ons moet aan Hom verbind bly sodat Hy ons kan help om die slegte besluite te hanteer.

In hierdie episode sien ons hoe Nicole voortgaan om onverstandige keuses te maak. Sy vertel leuens en kruip vir haar ma weg, wat skeiding in hulle verhouding veroorsaak.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Making Wise Choices

Hierdie 4-dag leesplan vir die jeug verken wat die Skrif oor wysheid sê. Volg die verloop van Nicole en haar broer Tate se eerste dag alleen by die huis waar hulle die slegte besluit neem om die bure se dogter, Kaylin, oor te nooi en die huis verwoes. Jy sal elke dag 'n Skrifgedeelte lees, na die verhaal kyk, en eerstehands 'n getuie wees van hoe belangrik dit is om wyse besluite te neem.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church