Liefde en die HuwelikVoorbeeld

Love and Marriage

DAG 5 VAN 5

Alhoewel hierdie gedeelte egbreuk bespreek, bied dit ook goeie raad oor hoe om jou huwelik die opwindende en bevredigende verhouding te maak wat jy droom dit kán en móét wees. Nadat julle die hoofstuk hardop saam gelees het, deel met mekaar wat julle aan die begin tot mekaar aangetrokke laat voel het en wat jou vandag nog steeds baie lief maak vir hom of haar. In plaas daarvan om te bespreek wat julle huwelik nié is nie, deel stories oor jul hofmakery en herroep die hoogtepunte van julle tye saam. Afhangende van waarheen julle paadjie vol herinneringe julle lei, mag of mag julle dalk nie hierdie keer saam bid nie.
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Love and Marriage

Deur op ons huwelik binne die konteks van die Bybel te fokus, gee ons aan God die geleentheid om vir ons nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons band met mekaar. Hierdie leesplan gee vir ons Bybelverse om op te fokus en kort gedagtes om 'n bespreking en gebed saam met jou huweliksmaat aan die gang te sit. Hierdie 5-dag leesplan is 'n korttermyn toewyding om jou te help om in jou lewenslange verhouding te belê. Vir meer inligting, besoek: finds.life.church

More

Ons wil graag vir Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting oor Life.Church, besoek gerus hulle webtuiste: http://www.life.church