Liefde en die HuwelikVoorbeeld

Love and Marriage

DAG 2 VAN 5

Jou ou self sal nie naastenby so 'n goeie eggenoot wees soos jou nuwe self nie. Hierdie Skrifgedeelte daag ons uit om die slegte gewoontes, wat altyd in die pad van 'n gesonde huwelik staan, eenkant te stoot en Christus se karakter aan te neem. Alhoewel dit so maklik klink soos om 'n jas aan te trek, lees dit hardop saam en wees bedag op die een sondige eienskap wat die moeilikste is om van ontslae te raak, en die een Goddelike eienskap wat die moeilikste is om jouself mee te beklee. Bely die maniere waarop jy misluk het om 'n Goddelike eienskap te beoefen en vra jou huweliksmaat om vergifnis. Bid saam tot God vir deursettingsvermoë om sy karaktereienskappe dag vir dag te beoefen.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Love and Marriage

Deur op ons huwelik binne die konteks van die Bybel te fokus, gee ons aan God die geleentheid om vir ons nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons band met mekaar. Hierdie leesplan gee vir ons Bybelverse om op te fokus en kort gedagtes om 'n bespreking en gebed saam met jou huweliksmaat aan die gang te sit. Hierdie 5-dag leesplan is 'n korttermyn toewyding om jou te help om in jou lewenslange verhouding te belê. Vir meer inligting, besoek: finds.life.church

More

Ons wil graag vir Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting oor Life.Church, besoek gerus hulle webtuiste: http://www.life.church