Liefde en die HuwelikVoorbeeld
Dit is te verstane dat ons nie aan ons huweliksmaat dink as 'n broer of suster nie. Hierdie Skrifgedeelte, wat 'n pragtige Bybelvers oor die huwelik insluit, begin deur ons te herinner om mekaar soos broers en susters in Christus lief te hê. Nadat julle die Skrifgedeelte hardop saam gelees het, gesels oor hoe die standpunte daarin verband hou met julle verhouding. Praat oor maniere hoe dit makliker kan wees om ander Christenvriende beter te behandel as dié wat by jou in die huis woon. Gesels saam met God oor die voorbeeld van Christus se liefde wat Hy wil hê julle huwelik moet wees. Vra Hom om julle twee te lei om die leiers te wees wat die rigting aanwys na God se onveranderlike liefde.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Deur op ons huwelik binne die konteks van die Bybel te fokus, gee ons aan God die geleentheid om vir ons nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons band met mekaar. Hierdie leesplan gee vir ons Bybelverse om op te fokus en kort gedagtes om 'n bespreking en gebed saam met jou huweliksmaat aan die gang te sit. Hierdie 5-dag leesplan is 'n korttermyn toewyding om jou te help om in jou lewenslange verhouding te belê. Vir meer inligting, besoek: finds.life.church
More
Ons wil graag vir Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting oor Life.Church, besoek gerus hulle webtuiste: http://www.life.church