Gryp Die Rooi Foon!Voorbeeld

Grab the Red Phone!

DAG 5 VAN 5

IN VREUGDE

Waarom ervaar ons beproewinge, versoekings en moeilikhede as God ons liefhet? Ons weet dat ons hemelse Vader ons van alles kan beskerm. As Hy dit egter sou doen, sou sy doel nie bereik word nie.

Lees Jakobus 1:2-4. Hoe wil Jakobus hê ons moet na ons beproewings kyk? Wanneer? Kyk aandagtig na hierdie Skrifgedeelte en dink aan die verloop en eindresultaat van 'n Goddelike reaksie gedurende moeilike tye. 

Kan jy 'n tyd onthou toe jy 'n ondraaglike beproewing ervaar het, maar na die tyd die ewige uitwerking daarvan raakgesien het – moontlik 'n werklike verandering in jou krag, jou vrede en jou karakter, of soortgelyke veranderinge in 'n ander persoon as gevolg van wat God besig was om in jou lewe te doen?

Gister het ek dit net genoem, maar vandag wil ek klem daarop lê dat die beste ding wat ons kan doen tydens beproewings, probleme of verdrukking, is om dankie te sê. Ons gaan die poorte van veiligheid, waarheid en vrede in wanneer ons die hemelse vergadering binnegaan. 

Jakobus raai ons aan om bly te wees oor ons beproewings; wees dus dankbaar en prys God wat jou ken en jou liefhet! 

Lees Psalm 100.

Neem die waarheid van God se liefde, genade en barmhartigheid ter harte en glo dit! Smeer dit soos salf aan jou hart. Bely enige sonde van ongeloof of begeerte vir die dinge van die vlees of die wêreld. Dit sal 'n strik, 'n lokval en 'n slaggat wees. 

Vyf punte om jou te help hierdie waarhede te onthou:

1. Bid om hulp. (Gryp die rooi foon!)

2. Verklaar jou posisie IN Christus. Watter vyand kan Hom oorwin? Jy is bedek deur die bloed van die Lam en vind skuiling in die sterk vesting van sy Naam: Allerhoogste God, Heerser bo almal, Koning van alle konings. 

3. Neem jou swaard op. Ken die Woord van God en gebruik dit. Teiken die vyand se leuens met die waarheid. 

4. Posisioneer jouself en staan vas in die waarheid. 

5. Gaan voort in geloof dat Hy God is, dank Hom en vertrou dat Hy in beheer is.

Kies een Skrifgedeelte van vandag wat die Here gebruik het om jou gedagtes te vernuwe en jou hart te verander. Neem hierdie waarheid ter harte en laat dit vandag deurgaans in jou lewe verwesenlik word.

Geluk! Jy het Gryp die Rooi Foon! voltooi. As jy jou verder in hierdie studie wil verdiep, besoek gerus ons hulpbron bladsy vir bykomende materiaal sowel as die vollengte dissipelskap-studie Raak Weer Verlief op Jou Here waarop Gryp die Rooi Foon! gebaseer is.  

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Grab the Red Phone!

Waarheen hardloop ons wanneer beproewinge erger is as wat ons kan verduur? Wie bel ons wanneer ons aangeval word? Hierdie 5-dag leesplan van Thistlebend Ministries sal jou leer hoe om die rooi foon te gebruik — om jou na God te laat hardloop en styf aan Hom vas te klou, ongeag die omstandighede.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.thistlebend.org/new-products/