Gryp Die Rooi Foon!Voorbeeld

Grab the Red Phone!

DAG 1 VAN 5

ONSIGBAAR

Lees Psalm 63:7-8.

Wanneer jy kies om jou kruis te dra en Jesus te volg, sal jy vuurwarm weerstand van die vyand ervaar.

Soms moet ons al ons kragte inspan om te keer dat ons deur ons gedagtes verswelg word. Dit kan voel asof ons omstandighede baie moeiliker is as wat ons kan verduur. Die nag kan dalk 'n onwelkome besoeker of slapeloosheid bring, of die oggend kan met 'n onverklaarbare, digte wolk van depressie aanbreek. Jy kan dalk voor jou wasbak in die kombuis staan, sonder enige iemand anders in die vertrek, maar tog voel asof jy teen 'n legioen vir jou lewe veg. Somtyds kan ons amper voel asof ons besig is om van ons verstand af te raak.

Dit kan oorweldigend, angswekkend en verwarrend wees, maar Petrus sê ons moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan ons onderwerp gaan word nie (1 Petrus 4:12). In plaas daarvan, moet ons soos die psalmdigter by die Allerhoogste skuiling vind — dan sal ons die beskerming van die Almagtige geniet.

Die wêreld! Satan! Ons vlees! Ons is in 'n geveg. Die aanval kom van binne en van buite, dikwels met meer as een vyand op 'n slag! Dit kan wissel van dit wat soos denkbeeldige gedagtespeletjies voel, tot 'n algehele aanval op jou familie of jou onderneming. Slegte mense, bose geeste, slegte gewoontes en vuil gedagtes is dikwels teenwoordig.

Die wêreld — met al sy verleidelikhede, sy bemarkingsfoefies en sy druktaktiek — omring ons van alle kante, verlei ons oë, terg ons vlees, en lok ons trots uit (1 Johannes 2:16-17). Dit verkoop allerhande leefwyses, behalwe God se leefwyse.

Die duiwel is bedrieglik. Hy daag normaalweg nie met 'n groot ophef, praal en omstandighede op nie. Sy doel is onsigbaarheid: om 'n bedrieglike front voor te hou, maskers, ligte, byklanke, sagte musiek. Hy is op soek na jou. Hy wil jou nie net ontmoedig nie — hy wil jou vernietig.

Die swakheid van ons vlees is by ons, oral waar ons gaan. Ons lewe in 'n sondige wêreld met sondige mense, insluitend onsself. Jy kan jou eie grootste vyand wees! Die vlees voer oorlog teen die siel om ons te verhoed om te doen wat ons begeer om God tevrede te stel. Lees Galasiërs 5:17-25 en 1 Petrus 2:11.

Jy is nie besig om jou te verbeel nie. Jy is in 'n geveg gewikkel, daarom moet jy jou vyand ken en gereed wees.

Volg die voorbeeld van Romeine 12:2 en kies een Skrifgedeelte van vandag wat die Here gebruik om jou gedagtes te vernuwe en jou hart te verander — en fokus daarop.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Grab the Red Phone!

Waarheen hardloop ons wanneer beproewinge erger is as wat ons kan verduur? Wie bel ons wanneer ons aangeval word? Hierdie 5-dag leesplan van Thistlebend Ministries sal jou leer hoe om die rooi foon te gebruik — om jou na God te laat hardloop en styf aan Hom vas te klou, ongeag die omstandighede.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.thistlebend.org/new-products/