Gryp Die Rooi Foon!Voorbeeld

Grab the Red Phone!

DAG 4 VAN 5

IN SY WOORD

Lees Efesiërs 6:13.

Soms sal ons moet hardloop, soms sal ons moet wegkruip, maar ons moet te alle tye standvastig wees! Wanneer ons met iets onverwags te doen kry, moet ons gereed wees om — ongeag die omstandighede — te hardloop en styf aan die waarheid van God vas te klou.

Is God ons God? Ken ons Hom? Het ons Hom lief? Glo ons werklik wat ons dink ons glo en hou ons vas aan daardie geloof, of knak ons onder die beklemmende druk en twyfel?

Lees 1 Petrus 1:7-8. Soms kan ongeloof baie subtiel wees en moeilik om te herken. Die waarheid is dat ons geloof in moeilike tye getoets en versterk word. Ons moet die Here in daardie tye vertrou en na Hom toe hardloop.

"Die Naam van die Here is 'n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling" (Spreuke 18:10). Maak 'n lys in jou gedagtes van vyf name vir die Here. Kyk aanlyn indien nodig. Wat leer hierdie name jou oor wie God is? Koester dit in jou hart, sodat jy jou in die dag van nood op sy Naam kan beroep en in geloof op Hom kan wag terwyl jy glo dat Hy gehoor het hoe jy na Hom uitroep.

Net soos ons hierdie week van Dawid geleer het, kan ons gedurende moeilike tye — in die put van wanhoop en te midde van verwarring — God se bevryding, sy magtige hand en sy tere liefde onthou. Te midde van groot probleme kan ons by Hom skuiling vind; in geloof kan ons glo dat ons veiligheid onder sy vleuels kan vind. Ons sal lof- en dankliedere kan sing en God kan prys terwyl ons glo dat Hy altyd goed is. Die vreugde van die Here sal jou krag wees; en dit kan te midde van 'n maalkolk van verdrukking, jou werklikheid wees.

Lees Psalm 27:7-14. Wat kan jy uit hierdie Psalm leer wat jy op jou eie gebedslewe kan toepas? Waarvoor vra Dawid in vers 11? Wat is sy plan in vers 14?

Kies een Skrifgedeelte van vandag wat die Here gebruik om jou denke te vernuwe en jou hart te herskep. Neem hierdie waarheid ter harte en laat dit vandag deurgaans in jou lewe verwesenlik word.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Grab the Red Phone!

Waarheen hardloop ons wanneer beproewinge erger is as wat ons kan verduur? Wie bel ons wanneer ons aangeval word? Hierdie 5-dag leesplan van Thistlebend Ministries sal jou leer hoe om die rooi foon te gebruik — om jou na God te laat hardloop en styf aan Hom vas te klou, ongeag die omstandighede.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.thistlebend.org/new-products/