Gryp Die Rooi Foon!Voorbeeld

Grab the Red Phone!

DAG 3 VAN 5

IN CHRISTUS

Kwesbaar? Ja. Weerloos? Nee!

Ondanks dit wat ons denke, ons omstandighede, of ons gevoelens vir ons vertel, is ons nie alleen nie. Wanneer ons in Christus is, is ons IN Hom!

Hy belowe dat Hy ons nooit alleen sal los of verlaat nie. In Psalm 63:7-8 skryf Dawid oor die Here se getrouheid. Op die stadium toe Dawid hierdie woorde geskryf het, was hy bes moontlik in die wildernis van Juda, terwyl hy van sy goddelose seun, Absalom, vlug. Waarop fokus Dawid? Worstel hy met 'n magdom ontsnappingsplanne, kwellings of stap hy senuweeagtig heen en weer? Nee, Dawid fokus sy gedagtes en sy hart op God. Hy onthou Hom en hoe Hy tot sy hulp gekom het.

Selfs toe hy as 'n jong seun teen Goliat te staan gekom het, was Dawid se gewoonte om die Here se getrouheid aan hom te onthou. Lees 1 Samuel 17:34-37.

Dawid vind skuiling in die ryke herinneringe van die Here se voorsiening en beskerming in die verlede en versterk homself met liedere van vreugde. Hy weet dat God oppermagtig is en hy glo dat God in beheer is. Daarom reageer hy in geloof, ten spyte van hoe hy voel. Met ander woorde, Dawid het in geloof gewandel.

Charles Spurgeon, die skrywer van die klassieke Christelike oordenking "Morning and Evening", gee ons 'n interessante perspektief: "Christen, pas jou geloof mooi op — geloof is die enigste manier hoe 'n mens seëninge kan verkry. As ons seëninge van God wil ontvang, kan niks anders as geloof dit gaan haal nie."

Jy sê dalk dat jy Hom ken, maar ken jy Hom regtig intiem? Volg jy Hom ywerig en vurig? Is dit na Hom alleenlik wat jy streef? Is Hy jou skuilplek? Hardloop jy na Hom toe vir beskerming? Sal jy gereed wees wanneer die aanval in jou rigting kom?

Waarheen gaan jy wanneer jy hulp nodig het? Waarheen hardloop jy wanneer jy bang is?

Lees Psalm 27:1-6. Te midde van moeilikheid, het Dawid 'n besluit geneem. Waarna streef hy in vers 4? Wat stel hom volgens vers 5 in staat om dit te doen? Hoe kan jy dieselfde vrymoedigheid hê?

Kies een Skrifgedeelte van vandag wat die Here gebruik om jou denke te vernuwe en jou hart te verander. Neem hierdie waarheid ter harte en laat dit vandag deurgaans in jou lewe verwesenlik word.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Grab the Red Phone!

Waarheen hardloop ons wanneer beproewinge erger is as wat ons kan verduur? Wie bel ons wanneer ons aangeval word? Hierdie 5-dag leesplan van Thistlebend Ministries sal jou leer hoe om die rooi foon te gebruik — om jou na God te laat hardloop en styf aan Hom vas te klou, ongeag die omstandighede.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.thistlebend.org/new-products/