Die Kosbare Geskenk Van VergifnisVoorbeeld

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

DAG 9 VAN 10

Moet ek ander vergewe wanneer hulle my onreg aangedoen het?

As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” (Matteus 6:14-15)

Wanneer Jesus Sy dissipels leer om vir vergifnis te bid, voeg Hy die verse by wat hierbo aangehaal is. Ons kan nie vir onsself vergifnis ontvang terwyl ons weier om ander te vergewe nie.

Om dit te illustreer, vertel Jesus 'n gelykenis oor 'n amptenaar wat die koning 'n groot som geld skuld. Sy meester vergewe hom hierdie skuld. Op pad huis toe ontmoet die man 'n medeamptenaar wat hom 'n klein bedrag geld skuld. Die medeamptenaar pleit vir geduld aangesien hy nie nou sy skuld kan betaal nie. Maar die eerste amptenaar, wat self soveel vergewe is, weier om genade te hê en sit die ander man in die tronk totdat hy die skuld betaal het. Toe die koning hiervan hoor, is hy verontwaardig oor die amptenaar se houding en bestraf hom: “Moes jy jou nie ook oor jou medeamptenaar ontferm het soos ek my oor jou ontferm het nie?” (Matteus 18:33).

Hierdie voorbeeld is 'n waarskuwing vir ons. Ons ontvang onverdiende vergifnis van God. Daarom moet ons ook ander mense wat ons verontreg het vergewe. Want as ons nie gereed is om ander te vergewe nie, hoe sou ons dit waag om God te vra om ons te vergewe?

Is daar iemand wat jy moet vergewe?

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org