Die Kosbare Geskenk Van VergifnisVoorbeeld

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

DAG 7 VAN 10

Is jy bly wanneer ander God se vergifnis ontvang?

Ons moet hierdie gelukkige dag vier. Want jou broer was dood en het teruggekom na die lewe! Hy was verlore, maar nou is hy gevind!" (Lukas 15:32)

Onthou jy die gelykenis wat ons die eerste dag van hierdie oordenkingsreeks gelees het? Dit was oor die pa en sy verlore seun. Kom ons lees weer hierdie gelykenis, maar fokus hierdie keer op die gesindheid van 'n derde persoon wat betrokke was.

Toe die pa sy verlore seun verwelkom en 'n partytjie gereël het, het die ouer broer gesien wat aan die gang was. Hy het egter nie by die party aangesluit nie, maar “het hom liederlik vererg en wou nie ingaan nie.” Hy het sy broer verag en die pa se onvoorwaardelike liefde vir hierdie seun veroordeel. Na sy mening was so 'n sondaar nie 'n hartlike ontvangs werd nie - veral omdat die ouer seun altyd sy vader onberispelik gedien het!

Ons het reeds tot die gevolgtrekking gekom dat die vader in hierdie gelykenis God self is. Die verlore seun is 'n sondaar wat tot bekering kom en terugkeer na sy hemelse Vader. So, wie is hierdie ouer broer? Dit is 'n medemens wat kies om die Vader se genade teenoor die berouvolle sondaar te misken - en sodoende homself van die party uit te sluit. In Jesus se dag was dit die godsdienstige elite wat die rol van die wrokkige broer gespeel het.

Is daar ook sulke gevoelens in jou hart? Is daar mense wat jy onwaardig ag vir God om te vergewe?

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org