Die Kosbare Geskenk Van VergifnisVoorbeeld

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

DAG 5 VAN 10

Hoekom sal God my wil vergewe?

Ons het die volmaakte liefde leer ken: dit is dat Christus sy lewe ter wille van ons afgelê het." (1 Johannes 3:16).

Gister het ons geleer dat Jesus Sy eie bloed uitgestort het vir die vergifnis van sondes. Hoekom sou Hy dit doen? Waarom sou Hy Homself verneder om mens te word, lyding te verduur en selfs gekruisig te word? Die antwoord is: omdat Hy ons liefhet.

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het. Die Seun het die wêreld so liefgehad dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het.

In Johannes 15:12-13 sê Jesus: “Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het. Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende.” Maar Jesus se eie liefde gaan selfs verder. Want soos ons lees in Romeine 5:8, het Hy vir ons gesterf terwyl ons nog vyandig teenoor Hom was. Ons was Sy vyande, nie Sy vriende nie!

Daar is niks in ons wat ons waardig maak om vergewe te word nie. Behalwe God se eindelose en volmaakte liefde vir mense, is daar geen logiese verklaring waarom Hy soveel moeite sou doen om sondaars te red nie. Hy is soos die vader in die gelykenis, wat na sy seun verlang — nie omdat die seun hom so goed gedra het of omdat hy sy seun vir praktiese redes nodig het nie, maar omdat die vader sy kind liefhet.

Voel jy geliefd deur God?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org