Volkslied: Genade in jou verhaalVoorbeeld
Ek was eens verlore
Newton se verhaal word opgesom in hierdie een lyn: Ek was eens verlore, maar nou is ek gevind.
Ons kan net gevind word as ons besef dat ons verlore is. Ons sien eers ons behoefte vir redding raak wanneer ons agterkom daar is ’n regte pad, maar ons is nie daarop nie.
Die waarheid is, sonder Jesus is ons almal verlore. Ons is geestelik verlore, selfs al is ons nie fisies verlore nie.
Die Bybel beskryf wat dit beteken om verlore te wees:
“Julle was dood deur die oortredings en sondes waarin julle vantevore geleef het, volgens die bose lewenswyse van hierdie bedeling, volgens die heerser oor die mag van die lug – die heerser van dié gees wat nou aan die werk is onder die seuns van die ongehoorsaamheid” (Efesiërs 2:1-2, AFR20).
Wanneer ons verlore is, leef ons in sonde — die verkeerde dinge wat ons doen, wat teen God se volmaakte wet indruis. As verlorenes sien ons nie die verskil tussen sonde en geregtigheid nie. Ons volg nie vir Jesus nie, maar eerder “die weë van hierdie wêreld.” Die wêreld se pad belowe lewe, maar lei uiteindelik net na vernietiging en dood.
Niemand wat verlore is kan ook tuis wees nie. Wanneer ons geestelik verlore is, leef ons nie by Jesus se huis nie. Jesus beloof egter dat die Vader en Hyself by diegene woon wat hulle liefhet:
“Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy ter harte neem wat Ek sê, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon” (Johannes 14:23, AFR20).
Die goeie nuus is dat daar ’n manier is om gevind te word. Ons hoef nie vir altyd buite God se huis te leef nie. Daar is geen slot aan die deur nie. Maar ons kan slegs gevind word as iemand anders ons kom soek.
Dít is waarom Jesus gekom het. In Lukas 19:10 sê Hy:
“Die Seun van die Mens het gekom om diegene wat verlore is, te soek en te verlos.” (AFR20).
Jesus soek en red ons terwyl ons verlore is en lei elke persoon terug huis toe, na Homself toe. Sodat ons, saam met John Newton, kan sing: Ek was eens verlore, maar nou is ek gevind.
Aangaande hierdie leesplan
Jy het waarskynlik al die woord “genade” gehoor, maar wat beteken dit werklik? Hoe kan God se genade ons red en ons lewens verander? Ontdek hoe hierdie ongelooflike genade ons ontmoet waar ons is en ons lewensverhale herskep.
More
Ons wil graag Pulse Evangelism bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pulse.org