Volkslied: Genade in jou verhaalVoorbeeld

Volkslied: Genade in jou verhaal

DAG 1 VAN 5

Ongelooflike Genade

Hoe bly ’n lied wat in 1772 geskryf is vir honderde jare voortleef? Hoe kan woorde oor een man se ervaring steeds vandag vir ons lewens relevant wees?

Dalk omdat hierdie lirieke tot die innerlike behoefte spreek wat ons almal het: die behoefte aan genade. Dalk omdat een man se verhaal ook ons s’n is: van verlore tot gevind.

Hier is sommige van die redes waarom die lied Ongelooflike Genade (Amazing Grace) steeds vandag voortleef.

Wat minder bekend is, is die verhaal van die persoon wat hierdie bekende woorde in ‘n Engelse dorpie met die naam van Olney neergeskryf het.

As ’n jong man het John Newton meer gevloek as wat hy gebid het. Hy het mense uitgebuit eerder as om hulle lief te hê. Hy het baie meer hopeloos gevoel as vol hoop. As kaptein van ’n slawe-skip het hy ver van God af geleef en die Christelike waardes agtergelaat wat sy ma hom as seun geleer het.

Met ander woorde, Newton was verlore. Heeltemal, volledig, ongetwyfeld verlore. Maar sy verhaal het nie daar geëindig nie.

In 1748 het Newton sy skip deur ’n gewelddadige storm probeer stuur. Hy was bang dat die skip en sy bemanning onder die golwe sou verdwyn en dat alles verlore sou wees — ook sy eie lewe. Dit was juis in hierdie storm wat Newton die God onthou het van wie sy ma hom geleer het. Hy het na Hom uitgeroep en gesmeek om van die dood op see gered te word en van die man wat hy geword het.

Dit was die keerpunt vir Newton. Die oue was weg, en die nuwe het begin. Net soos die skip sy bestemming veilig gehaal het, het sy nuwe lewe in Christus begin.

Newton het een van die invloedrykste predikante van sy tyd geword en het ’n sleutelrol gespeel in die afskaffing van slawerny — die beweging wat hy eens self aangedryf het.

Deur sy lewe het Newton twee dinge nooit vergeet nie: “Hy [was] ’n groot sondaar, en Christus is ’n groot Verlosser.” Newton het geweet God se genade was die rede waarom sy verhaal verander het.

Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God. Dit kom nie uit eie werke nie, sodat niemand op iets mag roem nie. Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, en daarvolgens te leef” (Efesiërs 2:8-10, AFR20).

John Newton het hierdie aarde lank gelede verlaat, maar die leuse van sy lewe het nie — Amazing Grace:

"Genade onbeskryflik groot

het U aan my bewys

verlore seun ’n wegloopkind

weer in die vaderhuis"

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Volkslied: Genade in jou verhaal

Jy het waarskynlik al die woord “genade” gehoor, maar wat beteken dit werklik? Hoe kan God se genade ons red en ons lewens verander? Ontdek hoe hierdie ongelooflike genade ons ontmoet waar ons is en ons lewensverhale herskep.

More

Ons wil graag Pulse Evangelism bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pulse.org