Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?Voorbeeld

Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?

DAG 1 VAN 8

Die kerk het manne van God nodig wat hulle nie vir Jesus skaam nie

Zac Poonen het ‘n pamflet geskryf met die titel: "God needs men." Net die titel alleen is ‘n boek op sy eie. Wanneer God iets in die wêreld wil doen, soek Hy altyd 'n man (of ‘n vrou): "Wat die kerk vandag nodig het, is nie méér of beter tegnologie nie, nie nuwe organisasies of nóg nuwe metodes nie, maar manne wat deur die Heilige Gees gebruik kan word. Die Heilige Gees vloei nie deur metodes nie, maar deur mense. Hy daag nie in tegnologie op nie, maar in manne. Hy salf nie planne nie, maar mense ... natuurlike vermoë en opvoedkundige voordele figureer nie as faktore in hierdie saak nie; maar die vermoë tot geloof, die vermoë om te bid, die krag van diepgaande toewyding, die vermoë van eie-geringheid, 'n absolute verlies van jouself in God se heerlikheid en 'n ewig-teenwoordige en onversadigbare verlange en soeke na al die volheid van God — mense wat die kerk vir God aan die brand steek; met 'n intense en stille hitte wat smelt en alles vir God beweeg ... God kan wondere doen as Hy geskikte manne kan kry" (E.M. Bounds, vrye vertaling).

Manne van God is soos Elia. In 1 Konings 17:1 lees ons: "Elia die Tisbiet was ’n bywoner uit Gilead. Hy het vir Agab gesê: 'So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan …'” Die meeste Engelse vertalings vertaal hierdie sin met “die God voor wie ek staan.” Elia was meer bewus van die teenwoordigheid en grootheid van God as van Agab, een van die mees goddelose konings van Israel en Isebel, sy vrou wat nog méér goddeloos was.

Manne van God, is manne wat voor God staan en meer bewus is van God as van die wêreld. Dit is manne wat God se aangesig soek en bereid is om dag na dag van aangesig tot aangesig met Hom te lewe.

Dit is manne "... wat wens om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind ..." (Filippense 3:10-11).

Manne van God se grootste ambisie is nie selfbehoud en selfverheerliking nie, maar hulle "Dien God en gehoorsaam sy gebooie ..." (Prediker 12:13).

‘n Godsman vertrou God ten spyte van en ongeag sy omstandighede.

Hy is nie skaam vir die evangelie van Jesus Christus nie en is nie bang om as ‘n volgeling van Jesus gereken te word nie.

Godsmanne praat graag oor Jesus. Dit is maklik om hulle as volgelinge van Jesus uit te ken.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?

Ons het Godsmanne in die kerk nodig. Dit is manne wat ten volle aan God oorgegee is en in die krag van die Heilige Gees lewe. Daar is vandag 'n gebrek aan sulke manne en vaders. In hierdie leesplan probeer ek verduidelik hoe die lewe van 'n man van God behoort te lyk en hoe dit kan lyk indien iemand homself aan God oorgee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com