Wat is My Doel? Leer om God Lief te hê en Ander Lief te hêVoorbeeld
Herskepping
Fokus
Voordat jy na vandag se leesstukke kyk, gebruik hierdie asemhalingsgebed uit Johannes 3:30 om jou hart, verstand en gees voor te berei om te verstaan hoe herskepping deel van ons doel as dissipels en volgelinge van Christus is.
Asem in: Hy moet meer word;
Asem uit: Ek moet minder word.
Luister
Nikos Kazantzakis — "Report to Greco"
"Eendag het Nikos vir Vader Makarios gevra: 'Stoei jy nog steeds met die duiwel, Vader Makarios?' Die ou monnik het 'n rukkie nagedink en toe geantwoord: 'Nie meer nie, my kind … ek het oud en moeg geword, en die duiwel het saam met my oud geword. Ek los hom uit, en hy los my uit.'
Nikos het gevra: 'Is die die lewe dan nou maklik?'
Vader Makarios het geantwoord: 'O, nee. Die lewe is nou baie moeiliker. Ek worstel nou met God.'
Nikos het uitgeroep: 'Stoei jy met God en hoop om te wen?'
'Nee,' het Vader Makarios gesê, 'ek stoei met God en hoop om te verloor.'"
Pas toe
Wat dink jy is die betekenis daarvan wanneer Jesus sê jy moet jouself verloën, daagliks jou kruis opneem en Hom volg? Wat beteken dit om jou lewe te verloor sodat jy dit vind?
Waarom dink jy stoei Vader Makarios met God in die verhaal van "Report to Greco", met die hoop om te verloor?
Reageer
Sluit jou oordenkingstyd af met gebed en lees hierdie lirieke uit die klassieke loflied Neem my lewe laat dit Heer:
Neem my lewe laat dit Heer
U gewy wees meer en meer.
Laat my hart gedurig juig;
en van dankbaarheid getuig.
Maak my hart vir U tot troon;
deur u Gees wat in my woon.
Rig my wil, gevoel en daad;
altyd na u wyse raad.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Verken jou doel as 'n volgeling van Jesus: om God en ander lief te hê. Oor die verloop van sewe dae sal ons die temas van persoonlike aanbidding, herskepping, ontferming, diens en geregtigheid ontgin. Elke sessie begin met 'n gebed om jou te help om op die dag se tema te fokus, een of twee gedeeltes uit die Skrif, 'n gedagte vanuit 'n teologiese perspektief, en maniere om die leesstuk toe te pas en daarop te reageer.
More