Wat is My Doel? Leer om God Lief te hê en Ander Lief te hêVoorbeeld
Twee Opdragte
Fokus
Vandag gaan ons oor ons grootste doel nadink — om God lief te hê en om ons naaste lief te hê. Neem 'n paar oomblikke om te bid, en wees eerlik oor hoe jy op hierdie oomblik oor dié gedeelte van jou lewensdoel voel.
Luister
Moeder Teresa — 'n Geskenk vir God
“Plaas jouself heeltemal onder Jesus se invloed, sodat Hy sý gedagtes in jóú gedagtes kan dink, sodat sý werk deur jóú hande almagtig sal wees omdat Hy jou versterk.”
Howard Thurman — Jesus en die onterfdes
“Elke man is potensieel elke ander man se naaste. Buurmanskap is nie-ruimtelik; dit is kwalitatief. ’n Man moet sy naaste direk, duidelik liefhê, sonder enige versperrings.”
Pas toe
Hoe sou jou lewe verander of heroriënteer word as jou lewensdoel deur Jesus se twee grootste gebooie bepaal sou word? Hoe kan jy vandag kies om vir God, asook diegene om jou, lief te hê en liefdevol te wees?
Reageer
In die komende dae sal ons die betekenis van liefde vir God en liefde vir die mense wat God in ons lewens geplaas het, as die middelpunt van jou lewensdoel, ondersoek. Ter afsluiting van vandag se oordenking, nooi ons jou uit om hierdie eenvoudige gebed te bid:
“Here, maak my hart, my siel en my verstand oop om U en my naaste lief te hê.”
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Verken jou doel as 'n volgeling van Jesus: om God en ander lief te hê. Oor die verloop van sewe dae sal ons die temas van persoonlike aanbidding, herskepping, ontferming, diens en geregtigheid ontgin. Elke sessie begin met 'n gebed om jou te help om op die dag se tema te fokus, een of twee gedeeltes uit die Skrif, 'n gedagte vanuit 'n teologiese perspektief, en maniere om die leesstuk toe te pas en daarop te reageer.
More