Wat is My Doel? Leer om God Lief te hê en Ander Lief te hêVoorbeeld
Aanbidding
Fokus
William Blake, die 18de-eeuse Engelse digter, het eenkeer gesê: "Ons wórd wat ons aanskou." Neem 'n bietjie tyd om stil te wees, en stel jouself vir 'n oomblik voor wat dit beteken om die skoonheid van die Here in aanbidding en toewyding te aanskou.
Luister
Simone Weil — Wag op God
“Daar is mense wat probeer om hulle siele te verhef soos 'n man wat voortdurend staan en in die lug opspring met die hoop dat, as hy elke dag hoër spring, daar 'n tyd gaan kom dat hy nie meer sal terugkom nie, maar in die lug sal opgaan. Terwyl hy so spring, kan hy nie na die lug kyk nie. Ons kan nie 'n enkele tree na die hemel gee nie. Dit is nie in ons vermoë om in 'n vertikale rigting te reis nie. Wanneer ons egter lank na die hemel kyk, kom God en lig ons op. Hy lig ons maklik op.”
Pas toe
Ons doel om God lief te hê, begin met eenvoudige bewondering en aanbidding. Hoe meer ons die skoonheid van die Here “soek en aanskou”, hoe nader sal ons aan Hom beweeg en ook self sy Goddelike liefde vir ons weerspieël.
Op watter wyse kan jy vandag “hemelwaarts kyk” en God aanbid?
Hoe verdiep jou liefde vir God wanneer jy die skoonheid van die Here aanskou?
Reageer
Om dankbaarheid te beoefen, is een manier om die skoonheid van die Here "te soek en te aanskou”. Dink aan al die maniere waarop God jou onlangs te hulp gekom, jou geseën en vir jou voorsien het. Maak 'n lys en plaas dit iewers waar, indien nodig, jy aan God se liefde vir jou herinner kan word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Verken jou doel as 'n volgeling van Jesus: om God en ander lief te hê. Oor die verloop van sewe dae sal ons die temas van persoonlike aanbidding, herskepping, ontferming, diens en geregtigheid ontgin. Elke sessie begin met 'n gebed om jou te help om op die dag se tema te fokus, een of twee gedeeltes uit die Skrif, 'n gedagte vanuit 'n teologiese perspektief, en maniere om die leesstuk toe te pas en daarop te reageer.
More