Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nieVoorbeeld
Onvoldoende antwoorde (4)
In tye van onbegrip en verwarring eis ons dikwels antwoorde van God, kom ons in opstand en wil ons vir onsself ’n pad oopkap. Daar is baie mense wat geestelik-instinktief weet dat om Christus te volg, beteken dat daar dinge is wat hulle moet prysgee. Hulle weet hulle moet hulle kruis opneem en Hom volg: Toe sê Jesus vir sy dissipels: “Toe sê Jesus vir sy dissipels: 'As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg'"(Matteus 16:24).
Baie is nie bereid om dit te doen nie. In onbegrip begin hulle teen God veg. Hulle wil Hom dwing om hulle te antwoord en te gee wat hulle vra, maar weet nie wat die gevolge sal wees indien God vir hulle gaan gee wat hulle vra nie. In die plek daarvan neem hulle dan ’n “swaard” en veg vir hulle ’n pad deur die lewe oop, net om hulself uiteindelik deur dieselfde swaard te vernietig. Net so is dit ook waar dat dié wat nie met ’n swaard in die hand wil leef nie, aan die kruis sal sterf.
Die wêreld is die arena waar mense geestelik doodgaan. Dit is die arena waar mense sterf vir hulle eie belange, drome en begeertes. Die minderheid, ’n klein groepie, sterf vir God. "Wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe?" (Matteus 16:25-26).
Die meeste Christene sterf sonder om antwoorde op hulle waarom-vrae te kry. Maar hulle kan in vrede sterf omdat hulle glo in die Een wat die antwoorde het op al hulle waarom-vrae.
Een van die ankers in ons lewens moet Jesaja 40:13-15 wees: "Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees?" Sonder om hierdie waarhede oor God en sy karakter te verstaan, word die vrae en die pyn van die lewe oorweldigend en vernietig dit baie se lewens. Ons moet ons eie beperktheid verstaan.
Aangaande hierdie leesplan
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com