Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nieVoorbeeld

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie

DAG 3 VAN 9

Onvoldoende antwoorde (3)

Ons lees in Jesaja 40:28: "Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Sy insig is ondeurgrondelik."

Ons ken Johannes die Doper se woorde in Johannes 3:30: “Hy moet meer word en ek minder.” Ons het dit almal al gelees, die woorde in ons gedagtes omgerol en rondgerol en gedink dit is besondere woorde. Hierdie woorde het egter dieper implikasies as wat die meeste volgelinge van die Here Jesus besef.

In hierdie proses van geestelik sterf aan die self, sal ons baie gebede bid om te mag bly leef, maar hulle sal nie beantwoord word nie, want dit is die wil van die Vader dat ons aan onsself moet sterf sodat sy Seun verhoog kan word.

Daar is baie vrae en gebede waarvoor daar nie antwoorde sal wees nie. Onthou dan in daardie dag, en daar sal meer as een so ’n dag wees, Jesus se woorde aan Johannes die Doper: “Gelukkig is die man wat nie aan My begin twyfel nie” (Lukas 7:23).

Die vreemde van die evangelie is: "Wanneer ’n koringkorrel in die grond val en sterf, dra dit vrug" (Johannes 12:24). Sterf is die misterie van die koninkryk van God. Baie van dié wat aan die kruis sterf, sal nooit in hierdie lewe weet waarom nie en sal ook nie weet watter vrug hulle dood gehad het nie en of daar ooit enige vrug op hulle dood was nie. Ander sal tot op die laaste glo dat die God, wat vir soveel jare soveel wonders gedoen het, elke keer in die verlede geantwoord het, nou weer, hier op die punt van die dood, “uitkoms” sal gee. En dan gebeur dit nie, want dit is die wil van God dat ons geestelik moet sterf sodat Jesus Christus verhoog kan word. Die meeste sal nie kan verstaan hoe die dood van God se heiliges enige sin en beteken kan hê nie.

In sulke tye is die enigste manier om sin te maak van wat God doen, om aan onsself, ons sienings, opinies, begeertes en ons eie verstaan van die Skrif te sterf – om nee te sê vir onsself. In sulke tye moet ons toelaat dat die Vader Jesus verhef op die manier waarop Hy die beste dink. Die feit dat ons nie alles verstaan wat God doen nie, beteken nie dat God nie weet wat hy doen nie, onkant gevang is, of magteloos is nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie

Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com