Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nieVoorbeeld

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie

DAG 1 VAN 9

Onvoldoende antwoorde (1)

In alle Christene se lewens is daar dinge wat hulle nie verstaan nie. Vanuit ‘n menslike perspektief, is daar nie voldoende antwoorde op ál ons vrae nie. God kies om nie vir ons al die antwoorde te gee nie. "Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God "(Deuteronomium 29:29). Nie uit grootdoenerig nie, maar omdat Hy ons wil beskerm. Wat Hy egter vir ons in die Bybel openbaar is meer as voldoende om sinvol en in oorwinning te lewe. Die Bybel is nie ‘n “Antwoorde”-boek nie. Dit gee byvoorbeeld nie antwoorde op allerlei wetenskaplike vrae nie. Die Bybel is hoofsaaklik ‘n boek oor verhoudings – tussen mense onderling en tussen God en mense.

Soms maak dinge wat God doen en toelaat, nie vir ons sin nie. Soos die aand voor die kruisiging waar Jesus die voete van die dissipels gewas het en Petrus nie verstaan het wat Jesus besig was om te doen nie: "En Jesus antwoord hom: 'Wat Ek doen, begryp jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan”' (Johannes 13:7). Maar later sou hy verstaan. Jesus sê ook duidelik: "Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie" (Handelinge 1:7). Ander kere verstaan ons nie, omdat ons nie die Skrif ken nie en ook nie die krag van God nie (Matteus 22:29).

Die feit dat ons nie altyd verstaan wat God doen nie, beteken nie dat wat God doen verkeerd is of dat God nie weet wat hy doen nie. Toe Jesus gekom het, het hy in totale oorgawe aan God gelewe – in totale gehoorsaamheid aan sy Vader en totale oorgawe aan sy wil. "Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is" (Hebreërs 5:8). Wanneer ons verhouding met God geanker is in ons aanvaarding van sy heerskappy oor ons lewens en totale oorgawe aan Hom en gehoorsaamheid aan Hom, kry ons verstommend genoeg antwoorde op baie van ons vrae.

Johannes die Doper het in die tronk gesit en baie vrae gehad. Jesus stuur vir hom ’n boodskap en Hy haal aan uit Jesaja 61:1-4. Een kerngedeelte van wat in Jesaja 61:1-4 staan, laat Hy weg, naamlik: om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is. Vir Johannes die Doper sou hierdie woorde nooit geld nie, ten minste nie in die aardse en letterlike sin nie. Hy sou in die tronk sterf. Deur sy dood sou die een wat die pad vir die Messias voorberei het, verwyder word sodat die fokus geheel en al kon val op die Een vir wie die pad berei is. Ander gevangenes sou vrygelaat word, maar nie Johannes die Doper nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie

Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com