Wanneer ek in die donker skaduwees loopVoorbeeld
Wanneer ons in donker skaduwees loop (7)
Baie vrees die donkerte, hoofsaaklik as gevolg van die eensaamheid en onsekerheid wat ons in die donkerte beleef en omdat ons nie kan sien nie! Wanneer ons nie kan sien nie, weet ons nie wat ons kan “doen” nie. Dit immobiliseer ons. Ons is nie meer in beheer nie – en hoe graag wil ons nie in beheer wees nie!
Wanneer ons in die donkerte loop, moet ons nie praat nie; ons woorde sal nie lewe en hoop bring nie — nie vir ons of enige ander persoon nie. Wanneer ons daar in die donker praat, kan ons nie luister na wat God besig is om vir ons te sê nie. In sulke tye moet ons nie met ander oor ons situasie praat nie.
Moenie eindeloos boeke lees om te probeer verstaan wat die rede vir die duisternis is nie. Luister net en gehoorsaam. Skaduwees in ons lewe is een van die duidelikste bewyse dat God met ons is en in ons werk. Die skaduwee is God se skaduwee. Hy wil ons graag in ’n dieper verhouding met Homself bring. Hy begeer dat ons sy stem beter sal hoor. Hy wil hê ons moet ons uiterste hulpeloosheid kan sien en dat ons sonder Hom tot niks in staat is nie. Hy wil ons by die plek bring waar ons Hom nie sal bevraagteken nie en onvoorwaardelik sal volg. Hy wil ons tot dieper gehoorsaamheid aan Hom bring. Hy wil hê ons moet hom vertrou.
Uiteindelik moet ons weet dat ons die skaduwees moet verwelkom en ons aan God moet oorgee, want juis dan is Hy naby ons en intens besig met ons.
God se duisternis wil ons help om ’n innerlike geestelike pad te loop waar ons met God se lig in die innerlike mens in die Gees kan wandel. Dit is daar waar ons leer om “in geloof” te leef en nie vanuit wat ons kan “sien en voel” nie, om te leef vanuit volkome vertroue op die Betroubare, die Ondersteuner, die Bemoediger, die God van alles vertroosting. Ons moet by ‘n punt kom waar ons nie sal staatmaak op ons eie krag nie maar nederig sal leef sonder arrogansie en hoogmoed.
Donkerte en ontoeganklike lig is manifestasies van dieselfde God.
Aangaande hierdie leesplan
Dit gebeur so dikwels dat ons beleef God is "weg". Ek beleef nie meer sy teenwoordigheid nie. Hy werk nie meer soos Hy altyd gewerk het nie. Ek kry nie antwoorde op my gebede nie. Waar is Hy nou? Het Hy sy rug op my gedraai? Het Hy my nie meer lief nie? Hierdie leesplan sal sommige van hierdie vrae beantwoord.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com