Wanneer ek in die donker skaduwees loopVoorbeeld

Wanneer ek in die donker skaduwees loop

DAG 3 VAN 7

Wanneer ons in donker skaduwees loop (3)

Wanneer God ons in die donker laat loop, is dit deel van sy dissipline om ons te leer om na Hom alleen te luister en Hom alleen te gehoorsaam. Daar in die donker doof God al die ander stemme uit wat met ons praat, en leer Hy ons om na Hom alleen te luister. God sal in die donkerte met ons praat, en wat Hy vir ons in die donkerte sê, moet ons daarna van die dakke af verkondig (Matteus 10:27). God skreeu nie in die donkerte op ons nie. Hy fluister. Hy fluister saggies – ‘n sagte wind – ‘n stem binne-in ons.

Meestal is die donkerte bedoel ter wille van onsself. Soms laat Hy ons wel in die donkerte loop om ’n boodskap vir iemand anders te ontvang, maar dit is die uitsondering. Al is die donkerte grootliks vir onsself, leer ander dikwels daaruit en word bemoedig wanneer ons oorwinnend met God in die donker wandel.

Ons moenie vir ander probeer vertel wat hulle in die donkerte moet doen nie. Ons is nie God nie. Ons moet dit aan God oorlaat. Ons moet hulle slegs aanmoedig om in die donkerte op God te wag. Moenie probeer om dit vir hulle makliker te maak nie. Moenie ’n paar kerse vir hulle aansteek nie.

Dit gebeur dikwels dat ons deur onvanpaste medelye, God se werk in mense verhinder deur ons pogings om mense uit die donkerte te kom uithaal. Om saam met God in die donkerte te loop, bring dieper nederigheid, dieper oorgawe en gebrokenheid, nuwe afhanklikheid en uiteindelik ook nuwe en groter vryheid en lig.

Indien dit nie gebeur nie, is die duisternis nie van God nie, maar heel waarskynlik as gevolg van angs, bekommernis, sonde of die Bose.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer ek in die donker skaduwees loop

Dit gebeur so dikwels dat ons beleef God is "weg". Ek beleef nie meer sy teenwoordigheid nie. Hy werk nie meer soos Hy altyd gewerk het nie. Ek kry nie antwoorde op my gebede nie. Waar is Hy nou? Het Hy sy rug op my gedraai? Het Hy my nie meer lief nie? Hierdie leesplan sal sommige van hierdie vrae beantwoord.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com