Wanneer ek in die donker skaduwees loopVoorbeeld

Wanneer ek in die donker skaduwees loop

DAG 5 VAN 7

Wanneer ons in donker skaduwees loop (5)

God reken dikwels met die “self ” in ons af deur sy hand swaar op ons te laat rus – en daardie hand gooi ’n donker skaduwee. Mense sal jou beledig en beswadder. Mense naby aan jou sal jou beskuldig, aanval en vervolg. Soms sal ons begin om rebelse gedagtes te dink of skielik hewige aanvalle op terreine beleef waaroor ons gedink het ons lankal oorwinning behaal het. Al hierdie dinge en nog meer sal God soms toelaat sodat Hy ons soos goud kan louter.

Stadig maar seker sal Hy vir jou die ware toestand van jou hart oor al hierdie dinge wys. Waarom laat Hy hierdie dinge toe? Om ons by ’n punt van totale onderworpenheid en toewyding aan Hom te bring, om ons te help om onsself totaal aan die kruis oor te gee, om volledig dood vir die wêreld en onsself te word – sodat ons in die krag van die opstanding en die volheid van God kan leef (Efesiërs 3:19c).

In die donkerte begin God om op maniere te werk wat vir ons vreemd mag wees. Dit kom gewoonlik na ’n tyd dat ons begin dink dat ons nou verstaan hoe God werk en God verstaan. Die donkerte verwar ons: Skielik weet ons nie meer alles nie, weet ons nie hoe nie en het ons nie meer al die antwoorde nie. Dit is in hierdie situasie dat God ons leer dat dit nie “lig” is wat ons nodig het nie, maar Hom alleen. Ons leer dat ons God nie volledig kan verstaan nie en dat ons nie presies kan weet wat God sal en wil doen nie en dat Hy ook nie vir ons alles sê wat hy gaan doen nie. Skielik verstaan ons nie meer “hoe” God werk nie — en dan kom die lig. Die lig is egter nie om te weet of te verstaan of die antwoorde te hê nie, beter omstandighede te hê of weer te voel dat God vir ons lief is nie. Die lig is God self. Al is daar donkerte rondom ons, is daar lig, want God is lig.

Wanneer ons in die donkerte sit, sal ons vir ’n tyd miserabel en ongemaklik voel, voel dat God ons verwerp het. Dit is juis in hierdie situasie dat ons dieper as ooit tevore ons eie tekortkominge, swakhede en gebreke sal sien. Ons sal begin ontdek hoe sterk die teenstand van mense en die duiwel regtig is. Ons sal die geweldige suigkrag van die wêreld beleef. Ons sal waarskynlik van God verlate voel en dink dat ons “nie verdien om so behandel te word nie.” In sulke tye moet ons weet dat God in beheer is ten spyte van wat ons voel.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer ek in die donker skaduwees loop

Dit gebeur so dikwels dat ons beleef God is "weg". Ek beleef nie meer sy teenwoordigheid nie. Hy werk nie meer soos Hy altyd gewerk het nie. Ek kry nie antwoorde op my gebede nie. Waar is Hy nou? Het Hy sy rug op my gedraai? Het Hy my nie meer lief nie? Hierdie leesplan sal sommige van hierdie vrae beantwoord.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com