Wanneer ek in die donker skaduwees loopVoorbeeld

Wanneer ek in die donker skaduwees loop

DAG 1 VAN 7

Wanneer ons in donker skaduwees loop (1)

Hy het Hom in donkerte gehul, donker waters en wolkemassas was sy bedekking (Psalm 18:12).

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig (Psalm 23:4).

Die Here is omgewe van donker wolke; sy troon is gebou op reg en geregtigheid (Psalm 97:2).

Hy het my mond soos ’n skerp swaard gemaak, my in die skaduwee van sy hand verberg, Hy het my ’n skerp pyl gemaak en my in sy pylkoker weggesteek (Jesaja 49:2).

Ons God woon in die donkerte. God is lig en daar is geen duisternis in Hom nie, en tog kies Hy om in die donkerte te woon. Alleen in God kan lig en duisternis gelyk bestaan. In die Ou Testament het hy hom vir die Israeliete in donkerte verberg. Toe hulle sy stem op die berg Horeb gesien het, het hulle gevoel “hulle lewe verlaat hulle.” Vanuit die donkerte waarin Hy woon, praat God met mense wat in donkerte lewe. Die Ou Testament leer ons dat God in die allerheiligste van die tempel teenwoordig is. Die allerheiligste van die tempel was volkome donker. God het gekies om die donkerte sy blyplek te maak. Daar waar hy in die hemel woon, is daar egter ewige lig – wat in 1 Timoteus 6:16 beskryf word as “ontoeganklike lig” – lig wat ons in ons menslike toestand nie kan hanteer nie.

Wanneer ons as Christene in die donker skaduwees loop, tye wat vir ons voel of daar net geen lig is nie, loop ons in die teenwoordigheid van God. Selfs al is dit vir ons moeilik om te verstaan, is dit steeds die waarheid. As Christen is dit nooit vir ons nodig om ongemaklik te wees in die donkerte en die skaduwees van die lewe nie, want God woon in die donkerte. Dit is ’n geestelike paradoks, en ons moet dit met ons gees verstaan. God is lig en daar is geen duisternis in Hom nie, en Hy leef tegelykertyd in donkerte, in ontoeganklike lig. Psalm 91:1-2 praat van God se teenwoordigheid wat soos die skaduwee van ’n groot rots is. Die Rots van God se teenwoordigheid gooi altyd ’n skaduwee. Daardie skaduwee is ’n skuilplek vir ons.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer ek in die donker skaduwees loop

Dit gebeur so dikwels dat ons beleef God is "weg". Ek beleef nie meer sy teenwoordigheid nie. Hy werk nie meer soos Hy altyd gewerk het nie. Ek kry nie antwoorde op my gebede nie. Waar is Hy nou? Het Hy sy rug op my gedraai? Het Hy my nie meer lief nie? Hierdie leesplan sal sommige van hierdie vrae beantwoord.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com