Alles NuutVoorbeeld

All Things New

DAG 5 VAN 5

Onthou dat Paulus aan die Korintiërs verduidelik het dat die uitstel van sy reis vanuit 'n opregte hart gekom het. 

Deesdae is opregtheid ietwat van 'n verlore kwaliteit, oorrompel deur manipulasie, verdoeseling van die waarheid, passief-aggressiewe reaksies, leuens en vleiery. Hoeveel ryker sou die liggaam van Christus nie gewees het as ons suiwer en opreg teenoor mekaar en die res van die wêreld was nie? 

Ons mag miskien nie doelbewus vir mense ja sê, as ons eintlik nee bedoel nie, of nee sê as ons eintlik ja bedoel nie, maar ons doen dit op subtiele maniere. 

As ons hier sou stop, sou ons 'n werklik nuttige les gehad het in integriteit en openhartigheid. Paulus wil egter meer doen as om maar net ons integriteitsmeter 'n hupstoot te gee.

'n Kenmerk van die Christelike geloof is dat dit nie net oor bereiking van morele standaarde gaan of om soos goed-gemanierde Christene te lyk, net om regtig goeie mense te wees nie. Paulus het alreeds 'n groot deel van sy lewe daaraan gewy om "goedheid" te bereik — hy het 'n skitterende Joodse opvoeding gehad, was lid van die Fariseërs, onderrig deur 'n vooraanstaande rabbi en onberispelik in selfgeregtigheid. Hy het egter besef dat al sy "goedheid" niks anders as waardeloos en verwerplik was nie (Filippense 3:8). 

Noudat hy sy optrede aan die Korintiërs verduidelik het, is sy standpunt dat 'n afgewaterde optrede teenoor hulle, teen een van sy kernoortuigings sou gaan: God is getrou en Hy kan nie leuens vertel nie. Hy kan nie ontrou aan sy eie woord wees nie. Hy het 'n verbondsbelofte gemaak om sy kinders te verlos en elke belofte wat daarby ingesluit is, is "ja" in Jesus. Jesus is God se "ja" aan ons, vir die lewe van betekenis en hoop wat ons begeer (2 Korintiërs 1:19-20). Met ander woorde, "[Jesus] Christus, die Seun van God ..., is nie "ja" en "nee" tegelyk nie. Hy is die "ja" van God, die "ja" op al die beloftes van God." As God nie wisselvallig is met sy "ja's" en "nee's" nie, is Paulus ook nie. 

Miskien is een van die redes waarom ons nie altyd opreg en openhartig in ons verhoudings is nie, omdat ons nie in die "ja" van Christus gevestig is nie. Ek weet ek was besluiteloos en het soms situasies gemanipuleer, omdat ek my lewe wou laat verloop soos ek verkies. Om by 'n "ja" of "nee" te bly, sou daardie doel kon bedreig. As ek egter in staat is om op God se getrouheid te vertrou, beide sy karakter en beskikking oor my lewe, is dit nie vir my nodig om te manipuleer of onopreg te wees nie.

Ter afsluiting: watter gedeelte het jou die meeste oortuig? 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

All Things New

In hierdie reis deur die boek 2 Korintiërs, verken "Alles Nuut" Paulus se teologie van avontuurlike geloof in hierdie wêreld en God se roeping vir ons om dapper te wees. Kelly Minter help ons om te verstaan hoekom die Christelike lewe mag voorkom of dit in stryd is met ons natuurlike geneigdhede, maar nogtans oneindig en ewig beter is. In hierdie 5-dag leesplan gaan jy probleme verken soos: hoe om moeilike verhoudings te hanteer, hoe om God te vertrou met jou reputasie, hoe om jou identiteit in Christus te vestig, hoe om die doel van swaarkry en God se voorsiening daarin te verstaan en hoe ons ligdraers in die wêreld moet wees.

More

Ons wil graag LifeWay Women bedank wat hierdie plan voorsien het. Besoek asseblief http://www.lifeway.com/allthingsnew vir meer inligting