Alles NuutVoorbeeld
![All Things New](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4872%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wanneer Paulus oor die lyding van Christus praat, wat ook na ons lewens oorspoel, kan hy 'n paar dinge bedoel wat met mekaar oorvleuel: 1. Lyding as gevolg van Christus. 2. Lyding wat deur Christus vir ons beskik is. 3. Lyding wat met Christus verbind is. 4. Lyding soos wat Christus verduur het.[1] Ek glo dit is vir ons as gelowiges belangrik om te weet dat ons spesifieke soort lyding sal ervaar as gevolg van ons verbintenis aan Christus. Baie gelowiges, regoor die wêreld, ervaar erge vervolging, terwyl ander dit in 'n mindere mate ervaar, maar steeds seerkry as gevolg van hulle geloof. Paulus het besef dat 'n hegte verhouding met Jesus in tye van lyding ontwikkel, omdat niemand lyding beter verstaan as Hy nie.
Ek moet nog die mens ontmoet wat van lyding hou, maar ek het al baie mense ontmoet wat in hulle lyding 'n innige verhouding met Jesus ervaar het. Daar is sekere aspekte van Jesus wat jy eenvoudig nie op 'n maklike pad ervaar nie, en wanneer jy eers sy nabyheid so ervaar het, sal jy dit nie wil verruil vir die maklike weg nie. Benewens die ervaring van 'n hegte verhouding met Jesus, openbaar Paulus nog 'n rede waarom lyding seën inhou.
Wanneer Christus se lyding ons lewens deurspoel, vloei God se vertroosting uit ons na ander (2 Korintiërs 1:5). Dit is absoluut wonderlik!
Een van die mooiste verklarings in die hele Skrif, kry ons in vers 4 (DB): "Hy staan by ons en help ons in al ons krisisse. Daarom kan ons ander mense help en troos wanneer hulle swaarkry." Wanneer ons deur 'n moeilike tyd gaan, sukkel ons soms om verby ons pyn te kyk. Ons vind egter 'n belangrike doel met ons lyding wanneer ons besef dat ons ervarings unieke troos vir ander kan beteken, wat soortgelyke beproewings ervaar.
Christus se lyding en sy troos gaan hand aan hand in ons lewens. As Christene is dit nooit vir ons nodig om sonder Christus se troos te ly nie, en ek glo daar is sekere vorms van troos wat ons nooit sal ervaar behalwe deur sy lyding nie. As jy deur 'n beproewing worstel, miskien 'n ondraaglike een wat vér bo jou vermoë is om te verduur, put dan krag uit God se troos wat regdeur Jesus tot in jou lewe vloei. Hy belowe dat dit genoeg sal wees vir jou pyn. Wanneer jy eers God se vertroosting ervaar het, sal jy gretig wees om die wonde te verbind van ander wat soortgelyke pyn ervaar, want God se troos is van nature oorvloedig. Jy sal meer as genoeg hê om te deel.
[1]David E. Garland,The New American Commentary, Volume 29, 2 Corinthians (Nashville: Broadmen & Holman UItgewers, 1999) toegang verkry op 7 Augustus 2017, via mywsb.com.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![All Things New](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4872%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
In hierdie reis deur die boek 2 Korintiërs, verken "Alles Nuut" Paulus se teologie van avontuurlike geloof in hierdie wêreld en God se roeping vir ons om dapper te wees. Kelly Minter help ons om te verstaan hoekom die Christelike lewe mag voorkom of dit in stryd is met ons natuurlike geneigdhede, maar nogtans oneindig en ewig beter is. In hierdie 5-dag leesplan gaan jy probleme verken soos: hoe om moeilike verhoudings te hanteer, hoe om God te vertrou met jou reputasie, hoe om jou identiteit in Christus te vestig, hoe om die doel van swaarkry en God se voorsiening daarin te verstaan en hoe ons ligdraers in die wêreld moet wees.
More
Verwante Leesplanne
![Die Soektog](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9245%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Soektog
![Ruimte om asem te haal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9324%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ruimte om asem te haal
![Onwrikbaar, Met Lisa Bevere](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11418%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Onwrikbaar, Met Lisa Bevere
![Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F8830%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie
!['n God Wat Getrou is](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11111%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
'n God Wat Getrou is
![Nuwe Jaar, Nuwe Genade](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13613%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Jaar, Nuwe Genade
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)