Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet WeesVoorbeeld
Die Regte Voorbeeld
Jy boots jou hemelse Vader na wanneer jy die regte strategie volg. Wys vir jou kinders wie God is, sodat hulle Hom sal wil leer ken soos jy Hom ken.
God is liefde. Hy vereis en verwag gehoorsaamheid van sy kinders, ja, maar Hy bewys ook vrylik genade. Selfs al dissiplineer Hy sy kinders, doen Hy dit vanuit 'n ewige perspektief, met geduld en in liefde.
Doen dieselfde met jou kinders, dan sal dit vir hulle maklik wees om God te vertrou en Hom hulle hemelse Vader te maak.
- Is jou kinders bang vir jou of voel hulle veilig by jou?
- Maak dit enige verskil?
- Is jy seker van God se vergifnis as jy misluk?
- Is jou kinders seker van jou vergifnis as hulle misluk?
- Dissiplineer jy jou kinders met God se doelwitte in gedagte of jou eie doelwitte? Maak dit enige verskil?
- Word God verheerlik deur die manier waarop jy jou kinders liefhet of vir hulle wys Wie Hy is?
Lees Efesiërs 5:1, 1 Johannes 4:8, 1 Korintiërs 13:4-7 en Spreuke 23:26.
Aangaande hierdie leesplan
Kinders is 'n seën van die Here (Psalm 127:3), ongeag die omstandighede waarin hulle gebore is. Dank God vir die voorreg om 'n pa te wees en neem nou die besluit dat jy sal wees wat God wil hê jy in jou kinders se lewens moet wees: 'n duidelike, lewende toonbeeld van Hom, ongeag die keuses wat jy tot nou toe gemaak het. Dis regtig nie so moeilik as wat jy dink om 'n goeie pa te wees nie! Al wat jy moet doen, is om jou kinders lief te hê soos jou Hemelse Vader jou liefhet.
More