Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet WeesVoorbeeld
Ons Gids
Dis 'n vreugde om iemand se pa of pappa te wees. Jy moet egter daaraan wérk om daardie vreugde te ervaar en dit begin as jy die regte perspektief behou.
Jy behoort te weet dat, of jou kinders jou DNS het of nie, hulle nie regtig aan jou behoort nie. Hulle behoort aan God. Hy het hulle gemaak. Hy ken hulle. Hy het 'n plan vir hulle en sy planne is altyd die beste.
Jy is maar net 'n oppasser van die kinders wat in jou sorg gelaat is, en wat jý vir hulle begeer, is nie so belangrik soos wat God vir hulle begeer nie. Met hierdie feit in gedagte, behoort jou kommunikasie met God altyd oop en duidelik te wees.
As jy nie vir God as jou Hemelse Vader ken nie, gee jou lewe vandag aan Hom. Bely die sonde wat jou van Hom skei, aanvaar sy vergifnis en maak vir Jesus die Heer van jou lewe. Wanneer jy dít doen, sal God jou vir altyd as sy seun aanneem en direk tot jou spreek deur die krag van die Heilige Gees — deur sy Woord, die Bybel.
As jy Hom wel ken, bestee tyd daaraan om jou gedagtes en bedoelings op Hom te fokus. Laat Hom toe om jou hart skoon te maak, en ontslae te raak van alles wat nie in ooreenstemming is met sy wil nie, sodat niks jou vermoë om Hom te hoor, kan belemmer nie. Hy sal jou deur die grootste avontuur van jou lewe lei: vaderskap.
- Is die kommunikasie tussen jou en God wat dit behoort te wees?
- Is jy gereed om die pa te wees wat God wil hê jy moet wees en die pa wat jou kinders nodig het?
- As dit so is, sê vir God dankie daarvoor. As dit nie die geval is nie, praat met God daaroor.
Lees Handelinge 17:24-28, Galasiërs 4:4-5 en Efesiërs 1:13-14.
Aangaande hierdie leesplan
Kinders is 'n seën van die Here (Psalm 127:3), ongeag die omstandighede waarin hulle gebore is. Dank God vir die voorreg om 'n pa te wees en neem nou die besluit dat jy sal wees wat God wil hê jy in jou kinders se lewens moet wees: 'n duidelike, lewende toonbeeld van Hom, ongeag die keuses wat jy tot nou toe gemaak het. Dis regtig nie so moeilik as wat jy dink om 'n goeie pa te wees nie! Al wat jy moet doen, is om jou kinders lief te hê soos jou Hemelse Vader jou liefhet.
More