Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet WeesVoorbeeld

Becoming The Father God Wants You To Be

DAG 2 VAN 5

 

Die Regte Teiken

As jy die regte perspektief gekry het, identifiseer die doel en teiken. Jou kinders is na regte wapens, skerp pyle wat die potensiaal het om die ewigheid vir die koninkryk van God te beïnvloed. Maak seker dat hulle reg mik!

Wie is die teiken? Die vyand, die Satan. Wat is die doel? God se heerlikheid.

God het alreeds die geveg teen die Satan gewen en deur Jesus se dood en opstanding het Hy die oorwinning oor sonde en die dood behaal in die lewens van húlle wat hulle geloof in Jesus geplaas het vir die verlossing van die ewige gevolge van sonde. Hy het dit alles sonder jou hulp gedoen.

Waar pas jy nou in die prentjie in? Die Satan weet dat hy verslaan is, maar hy wil soveel as moontlik siele saam met hom vat. Met daardie doel in sig, doen hy sy bes om vir God in 'n slegte lig te stel, sodat mense nie in Jesus sal glo nie, maar eerder vasgevang sal bly in sonde en verwyderd van God leef, soos hy.

Elke keer wanneer gelowiges God verheerlik, of aandag vestig op die feit dat God perfek is (wat gebeur as hulle gehoorsaam is deur die krag van die Heilige Gees) en bewys dat God goed is, vol genade en krag om sondaars te red en heilig te maak, bewys hulle die Satan verkeerd en verhoog die moontlikheid dat ander ook hulle geloof in Jesus sal plaas.

Verheerlik God deur jou geloof en gehoorsaamheid, en maak kinders groot wat jou voorbeeld volg, dan sal jy 'n gevaar wees vir die planne van die vyand.

 

  • Hoe word ouerskap vergemaklik as jy 'n duidelike doel en teiken het?
  • Bewys jy die vyand verkeerd?
  • Is jy die regte voorbeeld vir jou kinders?
    • As dit die geval is, wie is daarvoor verantwoordelik?
    • As dit nie die geval is nie, wie se hulp het jy nodig?

 

Lees Romeine 16:20, Efesiërs 6:12 en 1 Korintiërs 10:31.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Becoming The Father God Wants You To Be

Kinders is 'n seën van die Here (Psalm 127:3), ongeag die omstandighede waarin hulle gebore is.  Dank God vir die voorreg om 'n pa te wees en neem nou die besluit dat jy sal wees wat God wil hê jy in jou kinders se lewens moet wees: 'n duidelike, lewende toonbeeld van Hom, ongeag die keuses wat jy tot nou toe gemaak het.  Dis regtig nie so moeilik as wat jy dink om 'n goeie pa te wees nie!  Al wat jy moet doen, is om jou kinders lief te hê soos jou Hemelse Vader jou liefhet.

More

Baie dankie aan "Baptist General Convention" van Oklahoma, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asb. http://www.menrewired.com vir meer inligting